Om terug te kyk waa’vanaf ôs kô en narie vroue op wie se skoues ôs staan
Vrouemaand: ’n Boempie hie, ’n donasie daa, ’n lecture hie en steeds bly alles nog deumekaa
Vrouemaand het hierie maand iets annes personify vi my. Somehow dink ek Suid-Afrika hettit virrie eeste kee reggekry die jaa. Winnie Madikizela-Mandela het gesê: “I am the product of the masses of my country and the product of my enemy.” Soe ’n fitting quote virrie realities wat Suid-Afrikaners, en nog meer Suid-Afrikaanse vroue, vedag ervaar.
Ek sê dankie vi 2021 en die pandemic en allie kak wat aangaan innie land, want met Freedom day was dit al evident dat niemand mee tyd het vi temporary celebrations en praatjies waa hulle net loep en geld spend wat ge-allocate was virrie commemorative days nie. ’n Boempie hie, ’n donasie daa, ’n lecture hie en steeds bly alles nog deumekaa. ’n Reminder annie verlede, ’n recap van wat is en klomp leë beloftes oo wat gan kô.
As ek dink aan vrouemaand en wattit symbolize, kom die obvious op. Ek sien meer as 20 000 vroue wat gemarch het na die Unie-gebou in Pretoria op 9 Augustus 1965, om te protest teen die aanpassings vannie Urban Areas Act van 1950 en wat gelei is deurie powerhouses Lillian Ngoyi, Helen Joseph, Sophia Williams en Rahima Moosa om maa ’n paar te noem. Oppie government se website sê dit dat ôs (wie die ôs is wiet ekkie) celebrate Women’s Month onnerie tema van Generation Equality: “realizing women’s rights for an equal future”. Dit issie konsep vannie hele global campaign en Suid-Afrika wêk saam aan global efforts om gender equality teen 2030 te bereik. Wiet die mense 2030 is oo 9 jaa? Ommie draai? In fact, maak jou oë oep en toe en is hie.
Dis impossible om nie terug te kyk waa’vanaf ôs kô en om nie af te kyk narie vroue op wie se skoues ôs staan nie. Charlotte Maxeke. Die eerste swart Afrikaner vrou wat ge-graduate het by ’n Amerikaanse Universiteit. Toe sy terugkô Suid-Afrika toe, het sy betrokke geraak by anti-colonial politics en deur dit was sy oek betrokke by movements wat teen die paswette was. Sy was ’n driving force innie uprising van vroue wat opstaan vi hulle regte, vryheid en die liberasie van ôs mense. Dit het gelei tot die ontstaan vannie Black Women’s League (BWL), wat toe deel gewôd het vannie African National Congress Women’s League, wat sy verder en sterker establish het. Maxeke staan vedag bekend assie “Mother of Black Freedom in South Africa.” Dan is daa die Gool susters, Zainunnisa (oek bekend assie Jewel van District six), Janub en Amina Gool, wat vannie founding members was vannie Non-European Unity Movement (NEUM). Dis impossible om nie vi Ray Alexander, wat opgestaan het vi vroueregte, menseregte en worker’s rights hier te noem nie.
Suid-Afrika het actually ’n impressive lys van vroue wat bors aan bors staan mettie patriarchal powers innie parliament en in ôs society. As ôs ammel noem vanaf Gadija Christopher, Elizabeth Abrahams, Elizabeth Mafekeng, Winnie Madikizela, Miriam Makeba, Gcina Mhlophe, Brenda Fassie tot Lucinda Evans, Zulaikha Patel, Melene Rossouw, en jy en jou ma en jou auntie en suster(s) en selfs jou biesage neighbour (trust my, ammel het soe ’n bietjie van ’n resistance spirit in hulle) sit ek en jy heeldag hieso.
Poetically speaking, as ek dink aan vrouemaand en an vroue in general, sien ek vlamme. Ek sien honderde duisende vroue met hulle arms wawyd oep en vyste innie lug. Ek sien vroumense wat padgie, plek maak, begin, aangie en klaa’maak. Ek sien hoe ammel kaalgat deurie velde haloep en rustig mangoes iet. Of ’n black label drink of ’n tee’tjie. To each their own.
Maa alles wat poetically speaking gesê wôd, is te perfek en skep die indruk van ’n utopia wat geen vrou in Suid-Afrika die privilege het om te afford nie. Nou, realistically speaking, sien ek net vlamme wannee dit iemand se memorial is en ôs some sort of lig probee skyn oorie donker wolk bekend as die social ills van die land. Of wannee dit loadshedding is. Ek sien honderde vroue met hulle bene wawyd oep en laaste hoop innie lug, want die patriarchal system leer steeds jy kan vat wat oek al jy wil, al behoort dit nie aan jou nie, en die justice system is daa om elke hoek en draai om “seker te maak alles is nog in plek”.
Om by te las by Winnie se quote, die land en die vyand in hierdie konteks simboliseer vi my één ding. Die vroue innie land is moeg. Moeg virrie political statements en appearances innie naam van ’n political campaign. Moeg vannie stats wat nie die realities van soveel unreported living situations reflect nie. Dié vrou is moeg.
IGNORANCE IS BLISS
— Veronique Jephtas
Lately the idea of getting raped doesn’t seem to scare me
Somehow the idea of someone coming into my house and taking all of my valuables seems to be the least of my worries, because worldly things can be replaced, and in some cases restored
But the thought of someone brutally and senselessly murdering me has been weighing heavy on my mind
Now look, I know that marches will be held to make my walk to heaven shorter
Candles will be lit to guide me on my pathway and songs and poems will be written
To house my name so that I may continue to dance gracefully from their tongues
The problem is I am not supposed to know this
But I do
I am not supposed to know what happens to a girl in my country when she gets raped and murdered
I am not supposed to know that my president will make a political appearance in the name of my pain
They say ignorance is bliss
Oh how I wish I could live ignorantly
And didn’t have to know any of this.
As ’n aktivis is ek self moeg van maak asof mens nog ienage hoop oo het. Vi ’n lang tyd het ekkie gewiet wat om te maak mettie gift van poetry nie, want soes ek sê poetically speaking klink alles net te fokken mooi. As vrou sukkel ek om ’n tyd te imagine waa ek die respek en protection sal kry wat met geboorte moes kom, om myself te convince dat dit nie net tydens marches bestaan nie. Ek los jou mettie woorde van Martin Luther King Jr. tydens sy “I am tired of marching” speech:
I am tired of marching. I am tired of marching for something that should have been mine at birth. I don’t mind saying to you tonight that I am tired of the tension surrounding our days. I don’t mind saying to you tonight that I am tired living every day under the threat of death. I have no martyr complex. I want to live as long as anybody in this building tonight, and sometimes I begin to doubt whether I am going to make it through. I must confess I am tired.
That’s what she said…