Die vierde Klyntjies is vrygestel
Uitgawe Kwart van Klyntjies, ’n reeks fotosketse van kleurvolle en kreatiewe karakters in die kenmerkende styl van hulle verkose kunsvorme, is nou uit. Onder die kreatiewe regie van Juanita Køtzé, aka The Rare Librarian, is Octavia Roodt afgeneem deur Bernard Brand met Morné Marx gewapen met kam en kwas. Octavia se digitale skilderye vergesel haar Klyntjies storie, saam met van haar digkuns. Sy dra kledingstukke van Marianne Fassler se splinternuwe Kw(a)ai SS1819-reeks, met bykomende stukke deur In July en L’MAD se samewerking met kunstenaar Marlene Steyn (’n vorige Klyntjie). Løuw Kotzé, gesoute stilis en boetie van Juanita, het bygedra tot die konsep. Vir meer moet jy self gaan krap, begin hier.