Uitgawe Kwart

Uitgawe Kwart
Octavia (Vermeer).jpg

Kwart-eeuliks
Kwart-taalliks
Kwart-tierliks
Kwart-luuks

OCTAVIA

 
Octavia roodt.png
 
Job_3269.jpg
 
Octavia roodt 2.png

opgetof soos 'n kermiskoek
sonder broek of kindersbeen
soek die gewaad skoor met 'n meisie
só:

sy vind pienk gespan oor arms en bene
oor lugkastele
oorgespan om vas te klou
en te vervorm
ter ere van vorm
van mens en vrou
of so iets, darem
dis warm hier
soos lywe hoort
soos somers is
soos krete
as dit in die keel gaan rus
dit span oor die jaar
van punt tot end
'n massagraf van vrot verwend
maar groei soos groentetuin
van mooi
wat uit stof uit blom
en ander nooi
tot skoonheid
skoonheid
in die seerste sin
gaan sy aanhou die gewaad bemin

 
Job_3421.jpg
 
Octavia Roodt 3.png

kinders verplaas
hul naeltjies is plaasdamme
hul palms kyk boontoe, al swik dit ook
die een en die ander
maat en koljander
so anders soos nag
in die nagwind se skoot

 

Krediete

Kreatiewe Regie // The Rare Librarian @therarelibrarian
Kunstenaar // Octavia Roodt @octaviaroodt
Kiekies // Bernard Brand @bernardbrand
Kam & Kwas // Morné Marx @mornemarx123

Marianne Fassler // Kw(a)ai 2019 @mariannefasslerofficial
In July // @injuly_fashion
L’MAD & Marlene Steyn // @lmadcollection
Løuw Kotzé // Crinoline kopdoek en krabbertjie tag konsep @louw.77

_DSF1273-2.jpg

Deel van die reeks Klyntjies