Octavia Roodt oor die self
“Ek wonder soms of dit net die Trekker nonsens moet wees om ’n sterker geheel te vorm, maar daar is darem ook ander goed waarin ek belangstel,” merk Octavia Roodt op.
Haar werk kom uit ’n komplekse plek van kultuur, naakstudie en poësie.
A tour of Church Square:
ek is
postkolonialis
ek is
ab-aboriginië
abba my
als je blieft
my nat moedersgrond
tel my op en draai my rond
gaan sit onder my naels
vir dae aaneen
dat hul blou vertoon
met die inspanning
van uitjies graaf
en suig aan die wortels
bokoë in die maan
maar is ek dit?
net grond sal verstaan.
dit praat net nie Afrikaan
vat my deur 'n stroombaan
maniese masjinerie
uit 'n monster fabriek
daar vêr
Octaja Rödson, tydelike inwoner van Mästa en voorlopige bruid van die wit mos wat om haar groei
Het ’n volle buskaart
En ’n halwe plan
O, kattekwaad en moederspeen
Prewel die bulgaarse bedelares
Wat tolgeld vra
Mag sy toegewikkel word
In hasepels
En nimmer terugkeer na
Sydafrika.