Laura Windvogel dra Marianne Fassler
marianne_fassler_laura_windvogel.jpg

In Marianne Fassler se BOUDOIR dra Laura Windvogel (aka Lady Skollie) kledingstukke van dié modehuis se RESORT 17/18-reeks. 

Niks lyk so goed soos wat Marianne Fassler voel nie.

Skouerbreed staan sy met haar voete gegrond
rug gehol, sy voel
soos deur haar moeder geleer, kontoere
gerond en vrugbaar, lippe glansend kersie-swart
sy is 'n onkonvensionele kombinasie van kleur
pragtig met 'n handvol lotus blomme
blom sy in volumes sy, eg is elke
liefkosing, tasbare aanraking, geheimsinnige gebaar en boeiende blik
haar liggaam dra 'n oorvloed van geheime
aan geen man onderdaan, is sy steeds lief
vanuit die binnekamers in haar midde is daar geen verbode spasies
in elke kurwe van haar karakter, haar verleidelike verbeelding,
die swaai van haar arms, haar regop borste
haar vrouwees is volkome
sy is in haar stand, sy is in haar gevoel
sy is wie sy is.

Fotograaf: Zander Opperman

Model en muse: Laura Windvogel

Creative Director en stilering: Lezanne Viviers

Assistent-stilis: Daisie-Jo Grobler

Klerasie: Marianne FasslerRESORT 17/18

Hare en grimering: Tyron Sweeney

Poësie: Melissa Fontini

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Laura Windvogel dra Marianne Fassler gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand