Lady Skollie oor hoe coloured-wees haar kuns raak
In 'n nuwe video van The Narrative vertel Lady Skollie (Laura Windvogel) meer oor haar Papsak Propaganda reeks kunswerke, wat handel oor grootword as coloured in die Kaap. Sy brei uit oor haar skooldae in apartheid Suid-Afrika, in die klas saam met 'n klompie wit kinders, waar daar briewe oor Jan van Riebeeck en Simon van der Stel geskryf moes word. Laura vertel oor hoe sy hierdie omgewing ervaar het, asook hoe dit haar uitkyke van vandag beïnvloed het. Sien ook ons inleiding tot Lady Skollie se kuns, en die modestorie met Marianne Fassler se BOUDOIR.