Prosecco & propaganda

Prosecco & propaganda

Foto’s met vergunning van die fotograaf Ivana Germishuis en die kunstenaar Lady Skollie

'n Poëtiese response op Lady Skollie se geografie van indulgence en geërfte geheue in Sour grapes

ek soek emancipation in elke ice block wat ek binne my bek byt,
brittle vlekkies geskiedenis breaching my tong
my mond voel pap
hie begin’ie psalm
skeur, lek, gas

AS ABOVE, SO BELOW: DRUNK ANCESTORS (2026)

IHÙÍ | AS ABOVE, SO BELOW

oker, elixir
het voo’heen oppi yaadt
lat sak, ie grond
was nooit porcelain’ie
it was al klaa
ingeliewe, ve’ken
ve’klap mette
bont
heuningsap

saam/sonder god en godin
het ôs ôsse gieste
lat oes
stowwerige, odoriferous, soebat
vi hopefully beide be-
sparing
waring

alles ’et veanne
van bo tot onne gan
en ôs moet’ie
massa van ons doppe
kwel
eers kop
eers lyf
nooit gelyktyrrig

HANEPOOT HISTORY I (2020)

HANEPOOT HISTORY II (2020)

HANEPOOT HISTORY III (2020)

HANEPOOT HISTORY IV (2020)

Lady Skollie se Sour grapes summon ancestral and contemporary kennis ommi dopsystem se legacy an te spriek. Inne extension van “papsak propaganda”, ’n konsep watti historiese aanwending van alcohol as wapen om POC mense te beheer te criticise enni nagevolge vanni dopsystem te highlight. Lady Skollie ve’ken ideas van divination, indulgence en nugterheid. Sy ve’ken die ve’lede se scars, kaarte van disenfranchisement en die complications van reconstruction; Skollie gebruik haa embodied history om oppe krat te sit en terug in time te gan. In die exhibition se catalogue ve’klaar sy:

As a brown woman I can’t stop seeing the slave bells first and remembering that their tolling called white land owners to church while demanding the workers to receive their twice hourly tot of wine to numb the scorching sun and the bitter longing for freedom in their hearts.

Skollie kô terug saam met vibrant visions vanne pastoral landscape waa liberation en ritual abound. 

skink — tsss — proost

OSTRICH MARRIAGE KALEIDOSCOPE (2026)

THE TALE OF SKAPIE PAPBEK

Skapie Papbek wys vi my hoe om my lewe te beheer
rondom ’n gêllieblik genoem Snooker
’ie skulpe van R5-munte rattle, wisping soes redskins
’ie treinspoor mok elektriese 100’s en 1000’s

is simple
maak oep
lock jou skouer
strike
follow through en kô stêk deu

Sy oegcontact
is stagnant
elke thread van sy iris
’n past life

“Haa’s ’n wyntjie inni fridge,
skink’aa vi ôs” 
joints easing, tensing
as ek nari yskas toe loep
virri release

Skapie Papbek dra niks behalwe sy work dungaree
en sy septum piercing
nipples wat by die kante vanni straps uitstiek
soes ōni-eyes

“Oem Skapie? Hoekô
hou jy’ie 
rooiwyn inni fridge?”
my oë val oppe exposed merlot-bottel
’ie sediment, dik, dig
bedaar

“Boeta, die koute hou’ie houte weg.
Ék gatti my lekker
’n lekker lat kry nie”
Paa glasies later
wôd solids en strips soldate 
kwesbaa totti lus vanne valse wit god
Ôs spiel, ôs drink
die klank van blue watti aand lat steady
totdat die reuk van vars koeimis
inni oggend kreun

Skapie Papbek raak vaak 
en sê vi my ek moen eerder gan;
deu sy gapery, 
tweeze hy sy bloodline
voo my uit, nuwe generasie
wat hulle meester se volstruise 
kinnes
wyn
van sonde velos’et 

& later, slaap glinstig 
kaal, uitgesprei, 
sy oë wakend
gôppend
siphon hy terug inni borrel
’n skild, singend

      assi volstruise
huis 
           toe gan
                     assi
volstruise huis toe gat

            ek ganni wankel nie [ô jirre help my]
ek gattan suip —  hie [dat ek kan saamgan]
assi volstruise 
            huis toe gan

THE VIEW: SUNSET FIRE WITH GRAPES, A SNAKE AND BUCHU IN A GLASS DOME (2026)

BIRDS AND FIGURES

kronkel, geurig, nou val neer op ôs, cape sugar bird, afdop, oo’log
ôs eie oë, afbranding, afsonderlik, ’n pleasure pucker
black kites vi lente, inni vête juig ôs klaa, smagtend, rookmis, quick
gooi maa op my, gooi, ek sal kan vlieg, en daa’na, oo’môre opstan

bedaar, miyang, crisp ocean-seil, yellow-bellied, en op pad kraal toe
ôs lywe laag, hands orant in pepper en stok, ’n loopdop briek oep
cape cobra, papsak, hierri issi nag, stook my, verkalkte disco
plugged in, uitgevat, ôs doen dié weer, nederig, gesalf, vi ôsself

THE HEAT IS COMING FROM RIGHT UNDER ME: DISLOCATION TO CREATE (2026)

N/UM ('N STANDBEELD VAN GOD)

liefhebbende moeder, metti opbou van livestock ontstaan ​​nuwe possibilities
of the heiland, (wee eens) ôs dra silver, gold, teardrops en pearls; ôsse liggame
die ster vanni hurib, is weer ons tegnologie, liefhebbende moeder
aid jou fallen mense, ôs brand wee, ôs smaak vi poetry en het ritme vi ôsself toegeëien
oepe hemelpoort, liefhebbende ǁKhaeb; ôs het nuwe name & 2 sim cards
nature marvels, lat hulle ellende lee’ ken 
vanaf jou lippe, lat hulle’ie ve’liede lee’ ken
genadig, en maak ôs ​​niet

SOUR GRAPES PLATTERS II (2026)

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Prosecco & propaganda gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R

Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand