’n Crush op Lady Skollie
Die Kaaps-gebore kunstenaar Laura Windvogel, aka Lady Skollie, het met haar onbeskaamd-seksueel waterverfskilderye en aweregse zines ’n naam vir haarself op die plaaslike kuns-scene geskep. Piesangs en papayas. Pielies en koekies. Borste en boude. You name it, Skollie verf dit. Laura se werk spreek op ’n speelse wyse kwessies oor seksualiteit, geslag, identiteit, en wellus aan: dít wat ons laat bloos, giggel, verwar, of bloot ignoreer. Juis daarom dat haar kunswerke en podcasts so prontuit en eerlik as moontlik is. Laura wakker deur haar skerp sin vir humor, eie ervarings, en vernuf met ’n verfkwas noodsaaklike gesprekke oor seks, as ook seksuele geweld aan. Sy is boonop vanjaar as een van die Mail & Guardian se top 200 jong Suid-Afrikaners aangewys, waaroor ons net kan sê: kyk noord en pussy print voort, Laura!
Mila is redakteur van BooksLIVE.