Edgy studenteteater, nie net daar vir jou vermaak nie

Edgy studenteteater, nie net daar vir jou vermaak nie
Deurmekaar

Deurmekaar

By universiteite maak konvensionele vermaaksteater plek vir aktivisme


Teater-teoretikus Richard Schechner het in die mees eenvoudige manier sewe funksies van optredes geformuleer, wat as 'n basiese riglyn vir potensiële dramaturge dien. Om te vermaak, om iets te skep wat mooi is, om identiteit te merk of verander, om gemeenskappe te bou en versterk, om te genees, om te onderrig of om te oorreed en dan ook om die heilige of demoniese te hanteer. Moderne teater bestaan uit 'n verskeidenheid van hierdie funksies, soveel so dat dit skaars dat 'n teaterproduksie net daar is om gehore te vermaak. Studenteteater in spesifiek maak 'n prominente bydrae tot aktivisme. 

Flashback na 2015: 'n jaar wat beskou is as 'n groot katalisator vir studentebewegings rondom die land en wêreld. By die Universiteit van Kaapstad vat die #RhodesMustFall-beweging (RMF) vlam. Die oogmerk? Om 'n standbeeld van Cecil John Rodes, koloniseerder en bemaker van dié Universiteit, te laat val. Dekolonisasie van tersiêre leerplanne word ook vereis. Wat baie nie weet nie, is dat die kunste in hierdie tydperk 'n baie groot rol gespeel het om mense saam te bring, en om die sentrale ideologie oor te dra. Die boodskap is deur sang en visuele kunsdemonstrasies duidelik gemaak, maar die kern was studenteteater. Een so 'n teaterproduksie is The Fall, geskep deur 'n geselskap van Theatre and Performance gegradueerdes wat in die tyd van RMF in hulle finale jaar was. Die produksie beeld studente se ervarings van protes grafies uit, asook die sosiale omstandighede wat tot hierdie ervarings gevolg gee het. 

Covet

Covet

eva in geel.

eva in geel.

Universiteit drama departmente regoor die land het by die gesprek aangeluit, wat heelwat ander kragtige opvoerings opgelewer het. Die Universiteit van Stellenbosch (US) se Drama Department, met ondersteuning vanaf die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) en die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi), erken die belangrikheid van teaterproduksies wat kritiese kommentaar lewer oor vandag se sosiale kwessies. 'n Nuwe teaterfees, gemik op ontluikende kunstenaars, is geloods. Die fees, Première, bestaan uit oorspronklike produksies deur jong teatermakers van die US Drama Departement, wat in die skool ontwikkel en opgevoer word. Hierdie jaar se fees betrek meer as vyftig studente as regisseurs, skrywers, ontwerpers, verhoogbestuurders en akteurs. 

Die feesprogram bestaan uit 'n verskeidenheid van produksies, veelsydig in die kwessies wat aangeraak word. Onder meer:

  • eva in geel. – 'n Produksie wat die sielkunde en verhoudings van volwassenheid ontleed. Dit word gekenmerk as 'n studie van oorbegin, ongedefinieërde verhoudings, vae herinneringe en die kompleksiteite van alleenwees in die moderne era. Hierdie produksie was geskryf deur Wian Taljaard, gekonseptualiseer deur Anke Cullinan en Taljaard, en gefasiliteer deur Mercy Kannemeyer.

  • [dieselle] – 'n Produksie wat die siklus van kleurlingwees ontleed. Hier praat Ashwin Arendse en Cantona James oor die lewe en uitdagings wat mens binne die vier mure van gevangenis teëkom, die beproewings en verdrukking, sowel as die demone wat jy elke dag in die gesig staar. Hierdie produksie is baie didakties, en brechtian.

  • Deurmekaar – Deur die gebruik van komediese sketse, ontleed Carla Smith die kompleksiteite van vrouwees. Die aktivisme in hierdie toneelstuk lê in die absurditeite gevorm deur stereotipiese karakters. Hier is die kern feminisme.

Made You Look

Made You Look

Ander produksies van die fees, wat moontlik 'n lewe ná die fees sal geniet, sluit Mos (Margo Kotze en kie), This Again? (die geselskap), Frida Kahlo op 'n Veiling (Wynand Kotze, Wian Taljaard en kie), Inner Voice (Amber Fox-Martin en kie), Covet (Marlo Du Plessis en kie), Kansel (Marichje de Necker, Wynand Kotze, Carla Smith en kie), Hypocritical (Jarren van Zyl en kie), Deurmekaar (Carla Smith en kie) asook Made You Look (Reuben Murphy, Kristin Pienaar, Hendrik Nieuwoudt en kie) in. 

Die beoordelaars is Diane de Beer, Cornelia Faasen, Saartjie Botha en Petrus du Preez.

Première vind by die HB Thom-teater op Stellenbosch plaas, van 24 tot 27 Julie 2018, met die top drie produksies wat op die 28ste opgevoer sal word. Vir meer inligting en kaartjies, kontak drama@sun.ac.za.

@gotsewaarheid op Twitter

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Edgy studenteteater, nie net daar vir jou vermaak nie gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand