Oor die queer skoolverhaal op kykNET

Oor die queer skoolverhaal op kykNET
Foto’s: Nathan Kruger (verskaf)

Foto’s: Nathan Kruger (verskaf)

In gesprek met Roberto Kyle oor Arendsvlei

Die nuwe telenovela, Arendsvlei, oor ’n hoërskool in die Cape Flats speel al van Oktober 2018 op kykNET. Ek het met Roberto Kyle geklets, wie die rol van Lee-Roy in dié reeks vertolk. Lee-Roy is ’n slim en ambisieuse matrikulant by Hoërskool Arendsvlei. Hy is ’n goeie skaakspeler, hy is queer. Lee-Roy se storie handel hoofsaaklik oor dat hy op skool geboelie word en hoe hy daarmee deal. Daar is ’n hunkering om deur sy pa aanvaar te word, saam met sy seksualiteit.

Roberto vertel dat dit vir hom life-changing is om deel te wees van die Arendsvlei cast. “Arendsvlei is tackling the portrayal of coloured narratives, addressing it with the dignity and sincerity it deserves”, verduidelik hy. Roberto stel dit op prys om deel te wees van ’n storie met ’n diepere betekenis. Daar ontstaan ’n sekere verantwoordelikheid met die vertel van stories wat vir lank weggevee en verbuig is, dit vereis versigtige oorweging, ’n uitdaging wat Roberto met ope arms verwelkom.

Die TV-reeks handel ook oor die kwessies van depressie, verslawing, moord, wraak en tienerswangerskap. Die 17-jarige karakter van Lee-Roy se stryd en ervarings is wel ver van Roberto se eie werklikheid. “The challenge lies in remembering what I used to feel like, and how I survived that era of my life,” vertel Roberto. Hy maak staat op die draaiboek om die storie met professionaliteit en aandag tot detail te vertel.

Hoe reageer die kykers op dié verhaal? Ek het gaan rondkrap oor die sensitiwiteit van Suid-Afrikaanse gehore oor wat hulle op die kassie sien, met die vermoede dat gehore se reaksie sal afhang van hoe emotionally invested hulle is met die storielyn. Sosiale media reageer oorwegend positief oor hierdie liefdesverhaal, ’n verfrissende aanduiding dat Suid-Afrikaanse gehore toeganklik is vir nodige verandering. Ek het Roberto hieroor gevra met betrekking tot die gay love story tussen Lee-Roy en Wesley (#WesLee). Volgens hom is dit ’n relevante storielyn omdat dit aan die ingewikkelde tog werklike kwessies rondom homoseksualiteit en manlikheid raak.

Wesley en Lee-Roy verteenwoordig soveel ander liefdesverhale wat nooit die platform gegee was om te floreer nie. Roberto verduidelik dat hierdie paartjie beide seuns en meisies verteenwoordig wie se persoonlikhede en menswees onderdruk word. Die storielyn poog om sulke onderdruktes te inspireer om hulself te wees. In terme van seksualiteit word dit uitgebeeld dat mense nie rekenskap kan gee oor hoekom hulle queer is nie. #WesLee wys dat mans verlief kan raak op mans – en dis heeltemal fine. Die kernboodskap is dat liefde, liefde is.

Arendsvlei wys Maandae tot Woensdae op kykNET & kie van 20:00 – 20:30 op DSTV-kanaal 145. Ek mis dit vir niks.

@gotsewaarheid op Twitter

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Oor die queer skoolverhaal op kykNET gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand