Maude Sandham oor die verklap van 'n familiegeheim

Maude Sandham oor die verklap van 'n familiegeheim

'Daar is nie wegkruipplek in 'n eenvrou-vertoning nie'

Foto van Maude Sandham deur Gemma Garman

Tracks excavates the layers of myth and memory of Alan Sandham. Alan, who grew up in pre-apartheid Fordsburg, moved to Crosby, a suburb of predominantly white railway families, in his early twenties. A father and bricklayer at the South African Railway, Alan was a man of poise and obligation. It was only years after his passing that the Sandham family learnt about a secret he was keeping for most of his life.

Tracks follows Maude Sandham, grandchild of Alan Sandham, as she pieces together her family’s complicated past. The piece is a family drama centred around the revelation of a secret kept for sixty years. Alan Sandham who passed as a white man in apartheid South Africa, who worked for the SA Railway and Harbours, who lived life on both sides of the tracks. The implications of this discovery 20 years after his death, and the discovery and meeting of a whole new family in Bosmont: a family who knew all about the Sandham’s, whilst they knew nothing about them. Inner conflict of racial politics and identity presented through storytelling as a young South African female voice making sense of the past, the future, and the very complicated NOW. 


Die beskrywing van die teaterstuk insinueer elemente van die storielyn, maar los tog dele oor aan die verbeelding. 'n Geheim is wel pertinent. Hoe het jy tewete gekom van dit wat vir jare lank verborge was? Was dit 'n skok, of eerder iets wat verskeie vraagstukke saamgebind het?

Ek is nog altyd nuuskierig oor my geskiedenis en my familielyne. Ek was ook nog altyd mal oor geheime: om hulle te hou, om geheime te ontdek, en veral om ander mense te kry om hulle te verklap. Ek het in my tweede jaar op universiteit vir 'n kunsgeskiedenis taak met my ouma 'n onderhoud gevoer. Sy kon baie oor haar eie geskiedenis en haar ellelange familielyn vertel, tot en met die naam van die boot waarmee haar voorvaders hier aangekom het. Oor my oupa was dit altyd 'n doodloopstraat. Eers was die verskoning dat hy nie self veel geweet het oor sy agtergrond nie, aangesien hy 'n weeskind was, maar naderhand het ek besef sy was besig om iets weg te steek. 

Dit was 'n skok, maar ook 'n groot verligting. Dit het my familie as 'n geheel, ons manier van dinge doen, en ons manier van die lewe verstaan baie verander. Dit het my laat wonder hoe goed ek my mense ken. Ek was bekommerd oor hoe hulle sou reageer as hulle ook sou uitvind... of dit ons uitmekaar sou dryf.

 

Dit is verstaanbaar dat jy, as teaterpraktisyn, hierdie storie op planke sou wou vertel. Tracks handel wel oor 'n intieme deel van jou erfenis – was dit aanvanklik moeilik om hieroor oop te maak? Wat het die proses behels om by 'n volle sirkel uit te kom? Ek dink spesifiek aan 'n genuanseerde en empatiese aanbieiding van die opgrawe van 'n verlede wat swaar lê. 

Ek dink die idee dat dit eendag 'n teaterstuk sou word het iewers agter in my kop weggekruip, maar nie as 'n solostuk nie. Inteendeel, ek wou meer distance kry van die verhaal af. Ek het gedink dit sou 'n wegspringplek wees vir 'n devised stuk met 'n groter en meer veelsydige cast. Miskien sou ek regisseur of dramaturg wees. Dit het 'n solostuk geword toe Gita Pather, director van die Wits Threatre, in my en die storie begin belangstel het. Sy het dit die opdragstuk gemaak van die Wits So Solo-fees in 2017. 

Die proses het maande se onderhoude met my ouma, pa, familie en vriende van my oupa behels. Ek en Tracks se mede-skepper Nicola Pilkington het vir weke lank Sherlock Holmes gespeel, met besoeke aan verskeie landmerke, argiewe en biblioteke in Johannesburg. Ek het my eie gedagtes, gevoelens en verbeeldingreise oor my oupa begin neerskryf. Dis hoe die teks, saam met die transkribeer van die onderhoude, begin ontstaan het.  

Dit is baie scary om die storie te vertel. Mens wil deurgaans getrou bly aan die waarheid en tog 'n fantastiese stuk op planke bring. Jy wil mense se integriteit en menswees bewaar en tog 'n belangrike en genuanseerde storie vertel. Dit is elke keer wat ek die stuk opvoer ontsaglik moeilik. Daar was al aande waar ek my gesin en ander familielede, wat in die gehoor gesit het, direk moes aankyk en aanspreek. Daar is nie wegkruipplek in 'n eenvrou-vertoning nie, tog is dit die mees-belonende stuk wat ek al ooit geskep het.
 

Foto's: verskaf

Foto's: verskaf

Die teks is saam met Nicola Pilkington geskryf, met wie jy nouliks saamgewerk het aan die skepping van die produksie. Sy is dan ook die regisseur. Hoe het hierdie band tot staan gekom, veral in lig van haar sterk bydraes tot jou storie?

Nikki! Sy is 'n force to be reckoned with. Ek het van Nicola geweet in terme van die Jo'burg scene, maar nie juis persoonlik geken nie. Ek het wel geweet sy is verskriklik geïnteresseerd in dié tipe stories en dat sy ook dokumentêre films maak. Sy het 'n sterk dramaturg-oog en kon die storie so sny om dit minder persoonlik te maak, sonder om dit seer te maak. Ons het die proses saam aangedurf, en met haar fyn verwerking van die storie het ons nou hierdie komplekse en beautiful stuk werk.

 

In die dramateks kom die volgende voor:

"The shadow my grandfather cast over his children is immense – he made specific choices every day and in turn, these choices influence his children, and through them, they cast his shadow over another generation."

"But this doesn’t stop me from condemning his behaviour. It is understandable but it is not justifiable. It scares me. I recognise so much of this behaviour in my own father. I recognise so much of this in me."

"Tell me, Alan, is there something you would have wanted me to know before I started writing this? Is there something you would have wanted me to realise about you, about how all the crooked pieces of your story fits together?"

Tot watter mate voel jy verantwoordbaar vir apartheid en die gevolge daarvan? Baie van ons betrokkenheid met die ongeregtighede van die verlede is maar net 'n enkele generasie van ons verwyder, as dit soveel is. 

Ek hou daaraan werk om myself bewus te hou van die voordele wat apartheid vir my en my familie gegee het. Ek dra ook my fair share van white guilt en die kak embarrassing oomblikke wat daarmee gepaard gaan. Ek dink die ongeregtighede is nie eers 'n generasie vêr verwyder nie. Ek beleef elke dag my eie bevooregting – die cops wat my deurwaai al is my license disc 'n jaar oud, die royal treatment as mens by 'n klerewinkel inloop om "net te browse". Ek sien ook in my eie familie hoe die ongeregtighede van die apartheidsisteem deur miniskule rewolusies steeds families uitmekaar dryf, deur die breek van bande tussen  broers en susters en ouers en kinders. 

 

Om aan te skakel by die vorige vraag: Dit is nou tyd vir versoening, met onsself en ons families, en met ander. Wat behels versoening vir jou as jong Suid-Afrikaanse vrou?

Ek is nie seker nie. Ek probeer maar net nie uiters kak wees nie, en ek probeer okay wees met die weet dat ek altyd at least 'n bietjie kak gaan wees. 

Ek probeer luister. Luister, en in te neem, en vrae te vra. Wanneer die oomblik daarvoor vra probeer ek opstaan en bullshit uitroep. Ek probeer om my talente en my privileges, my duur education, my skills, my resources, te gebruik om die land en my medemens te serve in 'n baie weird tyd in ons versoeningsproses.

Tracks is ook 'n ongelooflike ding. Die gevoel van bymekaarkoms, van versoening as jy dit so kan noem, voel baie direk, meer direk as enige ander toneelstuk wat ek al enigsins mee betrokke was. Ek kon dit sien in my pa en my ooms se oë, maar ek kon dit ook hoor en voel, ná die show toe tannies en ooms my in die parking lot genader het om hulle eie familiegeheime te vertel. Hierdie is 'n spesifieke storie, maar nie 'n unieke een in die Suid-Afrikaanse konteks nie. Dit is belangrik vir mense om hulle eie stories te hoor. Dit is deel van die versoeningsproses vir ons almal.

  • Tracks wys 2 en 3 Julie by National Arts Festival in Grahamstad.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Maude Sandham oor die verklap van 'n familiegeheim gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand