Foto's van Johannes Kerkorrel se 'Bloudruk'-fotosessie

Foto's van Johannes Kerkorrel se 'Bloudruk'-fotosessie
1991 02 johannes kerkorrel-2.jpg

"Ek kannie onthou hoe ek en Kerkorrel ontmoet het nie. Dit was moontlik deur wedersydse vriende in die laat tagtigs. Hy het so 'n paar keer by my in London kom kuier en oorgebly in die in 1990's. Ons het kosgemaak en RSA-wyn gedrink. Ek was in Engeland, Frankryk en Spanje vir 'n sojourn en het 'n paar maande in London gewerk. Dis daar waar ek 'n skakelhuis gedeel het met 'n expat in 'n shady area, Bethnal Green.

Na my terugkeer na Suid-Afrika het hy my genader om 'n klompie shots te doen vir 'n nuwe album. Ek het nie destyds 'n studio gehad nie en het een gerëel deur 'n vriend in Midrand. Ek het 'n klompie swart en wit en kleur shots gedoen met 'n Hasselblad, waarvan se vierkantige formaat goed gewerk het as cover art vir die LP-album. Ek het self maar min afdrukke gehou, vandaar die spotty kwaliteit. 'n Vriendin van Kerkorrel het die uiteindelike foto met blou verf beetgekry. Ander foto's is gebruik vir optredes in Johannesburg en Pretoria," vertel Francois Swanepoel.

johannes kerkorrel bloudruk.jpg

Die foto's mag nie sonder toestemming gebruik word nie.

Bloudruk, an album by Johannes Kerkorrel on Spotify

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Foto's van Johannes Kerkorrel se 'Bloudruk'-fotosessie gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand