Kerkorrel se Eet Kreef! word 30 jaar later opgeroep

Kerkorrel se Eet Kreef! word 30 jaar later opgeroep
a1842114866_10.jpg

Die musiek is steeds so tydig

Die ikoniese EET KREEF!-album deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band is 30 jaar gelede in 1989 uitgereik. Dit was Kerkorrel en die Band se eerste album, uitgegee deur Shifty Records. Dié musiek bly steeds kontemporêr, met Chutney de Ridder wat in Volksblad skryf: “Die album is tydloos. Die inhoud, selfs in ’n postapartheid-Suid-Afrika, is steeds relevant. Dalk selfs méér as wat ’n mens gemaklik mee is om te erken.” Die SABC het destyds die radiostasies verbied om dié album te speel, maar dit het nie veel gehelp om die gewildheid daarvan te keer nie.

De Ridder sonder EET KREEF! uit as die album wat op die regte tyd en plek verskyn het as deel van die Afrikaanse protesbeweging teen apartheid. David Kramer, James Phillips, Mr Mac and the Genuines, Koos Kombuis en vele ander het ook in hierdie tyd van hulle laat hoor, maar dis Kerkorrel wat rondom die tyd van die album se verskyning, waarskynlik die laaste stoot gegee het tot die begin van die Voëlvry-beweging.

79 Likes, 3 Comments - Frank Freeman (@_frankfreeman_) on Instagram: "Gister het ons 'n live recording gedoen van 'n ikoniese Afrikaanse song van Johannes Kerkorrel en..."

Op die 19de November 2003, sowat ’n jaar ná die dood van Johannes Kerkorrel, is daar ’n konsert ter nagedagtenis van hom aangebied by die Staatsteater in Pretoria. Die produksie met Jana Cilliers, Grethe Fox, Valiant Swart, Amanda Strydom, Karen Zoid en Stef Bos het sommige van sy bekendste liedjies ingesluit, asook beeldmateriaal van Kerkorrel. “Dit was geen gewone rock-konsert nie, maar eerder ’n ontroerende ‘portret’ van ’n introverte kunstenaar wat ’n betekenisvolle invloed uitgeoefen het op Afrikaanse protesmusiek, asook op ’n jonger generasie linksgesinde wit intellektuele,” skryf Martina Viljoen.

In 2019 het die musikant Frank Freeman besluit om ’n groep bymekaar te maak vir die “huldeblyk en herinterpretasie van die satiriese dog salwende musikale meesterstuk”. Hy noem dat die ikoniese album in ’n nuwe moderne styl aangebied word soos nog nooit vantevore nie. Laudo Liebenberg (aKING) is genader omdat sy stem so goed pas by die musiek. Hy speel ook die akoestiese kitaar. Freeman speel die elektriese kitaar, met Sheldon Yoko op perkussie, Schalk van der Merwe op baskitaar en Etienne van Rooyen op klavier. Die album word as ’n produksie aangebied by die Vrystaat Kunstefees.

Luister na die Hillbrow cover

IMG_5510-1024x1024.jpg
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Kerkorrel se Eet Kreef! word 30 jaar later opgeroep gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand