MusiekKlyntjiYoungstaCPT

Young van Riebeek se Kaapse aankoms

MusiekKlyntjiYoungstaCPT
Young van Riebeek se Kaapse aankoms
47039607_2404882576192628_7398935225901776896_o.jpg

Dit herinner aan 1652

YoungstaCPT, aka Young Van Riebeek, het onlangs die eerste single en video van sy hoogs-verwagte debuutalbum 3T vrygestel. Die song ‘YVR’, as ’n afkorting van dié persona, speel met die naam van die berugte Hollandse koloniseerder Jan van Riebeeck, wat ’n verversingspos in die Kaap opgestel het in 1652. Ons weet teen die tyd dat dié geskiedenis nie so eenvoudig is nie, iets wat Youngsta homself nie aan blind staar nie.

‘YVR’ word verklaar as ’n boodskap van onafhanklikheid; wat gaan oor om eienaarskap te neem; ’n verklaring te maak in lig van die hedendaagse apartheid wat die bruin gemeenskap steeds in die gesig staar. Dit word vertel dat die video poog om die jeug te inspireer om los te breek van die slawe-mentaliteit wat steeds voorkom. Youngsta vertel: “Looking at the current state of affairs in our country, it saddens me to know we’re still dealing with forced removal and protesting for housing. I’ve always been one to speak about the social issues that haunt our people and apartheid has really stunted the growth of coloured/black people in South Africa. I feel that the bigger my platform gets, I need to speak out against the things I feel are preventing our youth from excelling.”

Selfs met die rapper se geweldige sukses op YouTube, het hy nog nie voorheen ’n vollengte album onder sy eie naam vrygestel nie, al het hy 30 mixapes en heelwat EP’s agter sy naam. Sy musiek beeld die wêreld uit as ’n coloured persoon van Kaapstad. Hierdie song is produce deur J-Beatz met klankontwerp deur KAY FAITH – ’n Afrikaans meisie wat naam maak in die hip-hop scene. Die musiekvideo se regisseur is Imraan Christian.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Young van Riebeek se Kaapse aankoms gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand