Jitsvinger se nuwe musiek is dope

Jitsvinger se nuwe musiek is dope
jitsvinger.jpg

Jitsvinger colab met Nederlandse rapper Akwasi in sy nuwe musiekvideo vir Breinsuiker. Hy vertel: “Ek het Akwasi ontmoet saam met Def P, twee Nederlandse rappers, wat deel was van die Afrikaaps toer in Nederland in 2011. Sedertdien het ek en Akwasi koppe bymekaar gesit rondom collaboration tussen Nederlands en die Kaap. Die eeue oue verbinding tussen die twee streke bied ons ’n moerse voorsprong – dis vanselfprekend dat ons die leisels neem, nuwe dimensies verken en ons kulture bymekaar bring.” 

Die musiekvideo is onder die Neerlands Dope-naam uitgereik. Dit was vroeër vanjaar wat Akwasi vir die eerste keer na die Breinsuiker track geluister het. “Hy het dit onmiddellik verstaan sonder enige vertaling. Die gevoel en klank is gepas vir Neerlands Dope as ’n onafhanklike maatskappy wat na deurbrake in die Nederlandse musiekindustrie strewe,” vertel Jitsvinger. Saam voeg hulle die chemistry van taal en teen-die-grein konsepte in die hip hop subkultuur bymekaar. Die musiekvideo kom saam met die onlangse vrystelling van Jitsvinger se Jitsologie EP en sy huidige toer saam met ander Suid-Afrikaanse musikante. 

jitsvinger_2.jpg

 

Ek het Jitsvinger gevra hoe sy following oorsee met die in Suid-Afrika vergelyk en hoe die geleenthede in die lande verskil. “Om ’n sterk inpak te maak moet jy constant wees. My toere oorsee was constant maar altyd as deel van ’n groep en nie gefokus op Jitsvinger nie. Onlangs het ek gedurende die Parowfest in Utrecht my nuwe material gedoen en die reaksie van die audience getoets.” Hy vertel dat sy fokus op die groot gaping in geleenthede vir Kaapse kunstenaars in Nederland is;  “…vir wie ek die deur van die skaniere af wil donner!” skerts hy. Plaaslike gehore is ook kompleks: “My gehoor in Suid-Afrika is ’n enigma wat ek probeer akkommodeer. Die ouer generasie koop steeds CD’s en die jonger generasie jaag agter ’n nuwe sound aan.”

Jitsvinger vertel dat ’n nuwe vollengte album wel beoog word na sy debuut Skeletsleutel in 2007. “Met so baie inspirasie en kreatiewe rigtings in my palms jik my pen om die volgende opus te volbring. Ek is gereeld in die studio en by jam sessions,” vertel hy. 

Jitsvinger is tot middel Januarie aan die toer in uitverkoopte teaters. Hy werk saam met Neerlands Dope se producers en kunstenaars aan nuwe en belowende projekte. “My wish list vir colabs en shows is lank met ’n vast verskeidenheid van talent. Ek moet versigtig wees om die proses nie te kniehalter deur dit te oordink nie. Met al die kreatiewe juices wat vloei is daar vele verrassings wat wag vir 2018.” 

 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Jitsvinger se nuwe musiek is dope gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand