YoungstaCPT se 'Dala Wat Jy Moet' om te oorleef in die Kaap
Hip-hop rapper YoungstaCPT, van Wynberg, se nuutste musiekvideo vir Dala Wat Jy Moet is in lyn met sy vorige musiek oor Kaaps-Maleise erfenis, kultuur, geloof en die alledaagse uitdagings daaraan verbonde om in die hood te bly. Die rapper, wat ook na verwys word as Youngsta, dra homself en sy musiek met 'n sjarmante, dog uitdagende gemak oor.
Die video, wat Irshaad Ally feature, is geïnspireer deur mense wat in die Kaapse Vlaktes bly. Ook deur die wat hulself in Distrik Ses tuismaak, die area waar forced evictions van ongeveer 60 000 mense in die 1970's plaasgevind het. Armoede en geweld word vandag steeds voortgesit deur die verdeling wat apartheid veroorsaak het. Al word hierdie areas boonop deur die huidige regering afgeskeep, is dit in Kaapstad se buitewyke waar kulturele weerstand helder hoorbaar is.
This life is an addiction so don't get hooked
Die boodskap is om te doen wat jy moet, terwyl jy bewus bly van die fyn lyn tussen reg en verkeerd. Kyk vir jouself uit want niemand anders gaan dit doen nie. Kyk verby die pyn en lyding en jy sal mense sien wat bydra tot die greater good.
YoungstaCPT het onlangs To Be Continued, sy dertigste mixtape, vrygestel. Sy video's het al miljoene views op YouTube. Don't get left behind.