Wolfgang Tillmans is binnekort te sien by Johannesburg Art Gallery

Wolfgang Tillmans is binnekort te sien by Johannesburg Art Gallery
Wolfgang Tillmans, Deer Hirsch, 1995

Wolfgang Tillmans, Deer Hirsch, 1995

Wat het whiteness, as akademiese begrip en geleefde toestand, te doen met seekos wat vrot of 'n groot oorspoelende watermassa? Hoe ontgin jy die erotiek van magsverhoudinge uit 'n eenkleurige foto wat slegs op estetika geskoei is? Hoe beeld jy die onmenslikheid van kapitalisme en tegnologiese voortuitgang uit deur om gebruik te maak van 'n blink motorlig, 'n staalplaat? Hoe skakel jy in by 'n geestestoestand deur intieme vorm en lyn, 'n foto van dronkwees?

Die befaamde kunstenaar Wolfgang Tillmans, woonagtig in Berlyn en Londen, het sy fotokuns sedert sy eerste uitstallings en publikasies in die vroeë 1990's voortdurend ontwikkel en herdefinieer. Hy het begin met die vasvang van klub- en gaykultuur in die negentigs en het later aanbeweeg na abstrakte werk gebaseer op ekstreme formele reduksie. Sy visual language is afkomstig van fyn waarneming gekoppel met 'n diep menslike benadering tot die kompleksiteit van die wêreld. Met 'n intense bewustheid van sosiale en politieke faktore is empatie, vriendskap en intimiteit tasbaar in sy werk. Dit is intellek, uitgebeeld.

Sy uitstalling Fragile, wat by Johannesburg Art Gallery (JAG) gaan wys het vantevore in die Demokratiese Republiek van die Kongo se hoofstad Kinshasa, en Kenia se Nairobi gewys.  Vir Tillmans is die aanvaarding van die broosheid wat die individu bepaal, wat met ons alledaagse verhoudings inspeel, nie 'n teken van swakheid nie, maar van sterkte. Sy benadering is 'n beroep op vryheid: die uitnodiging om die ander met vreesloosheid en openhartige nuuskierigheid te ontmoet. 

Die uitstalling wat uit ongeveer 200 foto, beeldhou, video en musiekwerke bestaan, wat Tillmans se oeuvre van 1986 tot 2018 verteenwoordig, sal gecurate word sodat dit in gesprek tree met die spesifieke uitstalruimte, argitektuur en omgewing van JAG. Die kunsgalery, wat langsaan Joubertpark geleë is, bied oorvloedige konteks. Dit is 'n manjifieke tog gedeeltelike bouvallige gebou, oorspronklik gedoop as die Munisipale Galery van Moderne Kuns, ontwerp deur Sir Edward Lutyens, met die Victoria en Albertmuseum vir die Goudstad as oorspronklike oogmerk. 'n Diverse ontmoetingsplek vir 'n veelsydige liggaam werk.


Die uitstalling word aangebied deur ifa (Institut für Auslandsbeziehungen / Institute for Foreign Cultural Relations) in samewerking met die kunstenaar en die Goethe-Instituut.

Opening: 8 Julie 2018, 16:00

Tot 30 September 2018

 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Wolfgang Tillmans is binnekort te sien by Johannesburg Art Gallery gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand