Wolfgang Tillmans praat met ons oor fragility en die menslike toestand
Die kunstenaar Wolfgang Tillmans se uitstalling Fragile het onlangs by die Johannesburg Art Gallery begin wys. Tillmans is 'n wêreldbekende kontemporêre kunstenaar van Duitsland wat in Londen woon en werk . Die indrukwekkende uitstalling sluit talle van sy werk oor die jare in, wat grootskaals vertoon word. Sien Klyntji se nuusstorie oor die uitstalling hier. 'n Digitale katalogus is beskikbaar, alhoewel dit nie vergelyk met die gedrukte weergawe wat die kunstenaar se liefdesverhouding met papier vasvang nie. Ons het met hom ontmoet:
In samewerking met FriendsofJAG
Video en editing: Mukhethwa Radzilani
Die uitstalling word aangebied deur ifa (Institut für Auslandsbeziehungen / Institute for Foreign Cultural Relations) in samewerking met die kunstenaar en die Goethe-Instituut.
By JAG, tot 30 September 2018.