Banele Khoza vat behoorlik vlam vir 'n 24-jarige

Banele Khoza vat behoorlik vlam vir 'n 24-jarige

Hy gaan uitstal by ZeitzMOCAA ná vele pryse en projekte agter die rug

He said find someone who will give you butterflies

He said find someone who will give you butterflies

Third party

Third party

Banele Khoza se vierde solo-uitstalling gaan by ZeitzMOCAA wees. Sy mees onlangse solo-uitstalling LOVE?, waarvan die werke in hierdie artikel getrek is, het minder as 'n maand gelede by Smith-galery in Kaapstad gewys. Die uitstalling is gefokus op die effek van tegnologie op ons verhoudings. Sosiale media en dating apps is veronderstel om ons nader aan mekaar te bring, maar dit maak ons in soveel gevalle meer verwyderd van mekaar, vertel die kunstenaar. Dit is hierdie ironie wat hy uitlig deur om gebruik te maak van sy eie queer lewenservaring. Khoza lig verder uit dat ons nie oor die vermoë beskik om die toksiese omgewings waar almal hul beste voetjie voorsit in plaas daarvan om 'n eerlike weerspieëling van hul lewens aan te bied, behoorlik te kategoriseer en te onderskei nie. Sien die katalogus van die uitstalling hier.

Khoza was in 2017 met die Gerard Sekoto-prys bekroon, wat aan die mees belowendste Suid-Afrikaanse kunstenaar toegeken word wat die eindronde van die Absa L'Atelier-wedstryd behaal het. Hy was ook in 2017 as wenner van die SA Taxi Foundation kunskompetisie aangewys en was al gereeld in ander kompetisies 'n finalis gewees. Banele Khoza is in 1994 gebore in die klein dorpie van Hlatikulu in Swaziland. Hy het eers modeontwerp in London studeer en toe 'n BTech-graad in beeldende kunste by TUT verwerf. Een van sy kunswerke is ook in 2017 deur Oppikoppi vir die identeit van Me Now, The Mango Picker gekies.

Hope

Hope

  • Die uitstalling by ZeitzMOCAA maak op die 11de April oop. Meer inligting sal deur die kunstenaar en sy verteenwoordigers vrygestel word.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Banele Khoza vat behoorlik vlam vir 'n 24-jarige gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand