Liza Grobler droom oor geen grense

Liza Grobler droom oor geen grense

Foto’s geneem tydens KKNK 2023 deur Eben Keun

Inkommers, laatkommers en laatlammers in die Klein Karoo

Visuele kunstenaar Liza Grobler, die KKNK se feeskunstenaar vir 2023, en haar gesin het omtrent twee jaar gelede eers Oudtshoorn toe getrek. Dit was in 2021 en in die hart van die Covid-19 lockdown. Om ’n space, hoe ook al stabiel of onstabiel, te betree en connections te bou in ’n tyd waar letterlike en figuurlike boundaries ’n survival tactic is, moes moeilik wees. Tog het hierdie besonderse girl en kunstenaar die aard van die saak verken deur dit in al sy complexities te probeer begryp in haar uitstalling Inkommers, laatkommers en laatlammers, wat by hierdie jaar se KKNK-fees te sien was. Inkommers, laatkommers en laatlammers verken tyd en ruimte, die grense tussen hierdie ruimtes en die fine line tussen wat waar of vals is. Dié uitstalling, ’n multimedia installation, combine visual elements van die omliggende Klein Karoo-landskap en storytelling uit die plaaslike gemeenskap om ’n multi-sensory belewenis te bied. 

Liza, wat in Bellville, Kaapstad grootgeword het, is van mening dat kunstenaars deur alle interaksies beïnvloed word. Sy is altyd weggevoer deur hoe som’ dinge continuity het, terwyl ander ’n bietjie strange is. “Selfs in mens se daaglikse bestaan, ek is half ingestel daarop, oor hoe sekere goed net uitstaan of uit pas is,” sê sy. Maybe het die tyd waarin sy grootgeword het ook ’n influence gehad op hoe sy die tema van space, boundaries en andersheid ge-process het in hierdie uitstalling? “Ek is universiteit toe in ’92, so my hoërskooljare was towards die einde van apartheid, maar as ’n tiener is dit die tyd wat jy bewus word dat everything is not okay,” vertel Liza. “Vir my is die grens wat ons tussen mense bou interessant – wie besluit waar daai boundary is? Enige grens is meer soos ’n membraan en dit kan goed deurlaat.”

Enige grens is meer soos ’n membraan en dit kan goed deurlaat.
— Liza Grobler

Ek moes hierdie uitstalling twee keer gaan sien. Die eerste keer het ek toegelaat dat die wêreld van tekstuur, kleur en die reuk van wilde als wat brand, my sintuie meesleur na iewers op ’n warm namiddag in ’n veld innie Karoo. Haar pieces voel soos strange, surreal, multimedia dreamscapes van die Klein Karoo. Dis amper asof die physical boundaries wat in die natuur bestaan, ineensmelt, wat natuurlik spreek tot die groter temas wat in haar uitstalling voorkom. Jy verloor byna jou tydskonsep as jy na haar werk kyk. Elke piece staan apart en saam én as een. Ek het gewonder hoe haar werk tog én tog nie struktuur kan hê nie. 

Die tweede keer het ek toe reeds gesit met wat ek gesien en ervaar het en het Liza se werk anders met my gepraat. Dit het my uitgedaag om die value en pitfalls van boundaries in die samelewing waarin ek function te reassess. Al is daai boundaries personal, social of cultural is dit belangrik om te herevalueer hoe ons daarmee omgaan. Met die boundaries wat inmekaar in wegsmelt, besef jy dat dit niks meer as pesky systems is wat sommiges in- en ander uithou nie. Ek mis dit nie in haar werk nie, want net soos die verskillende teksture, kleure en lae mekaar in Inkommers, laatkommers en laatlammers in ’n besonderse balans vind, net so is die mens ook en net so is die natuur ’n polyphone, ’n harmony van dele wat anders is en ook een.

Suid-Afrika het ’n komplekse geskiedenis met inkommers van die kolonialisme tot xenophobia en die complicated verhouding met die foreign national inwoners in ons dorpe. ’n Inkommer is ’n persoon wat ’n ruimte betree en occupy waar ander mense al reeds lankal gevestig is. Met laatkommers is tyd die intangible boundary. Dit verwys na ’n persoon wat ná ’n vasgestelde afsnytyd by ’n ruimte opdaag. Met laatlammers is tyd ook die boundary, maar hulle is gewoonlik victims of circumstances wat buite hulle beheer is/was. 

As ’n Bruin kunstenaar vind ek dat ek baie kere soos al drie hierdie persoonlikhede voel. Daar is mense wat reeds lankal hierdie ruimtes of platforms occupy en vir baie marginalised stemme in die skeppende kunste is die realiteit dat ons selfs after the fact nog steeds voel asof ons van buite af binnetoe kyk, peeping over the picket fence amper. ’n Laatlammer vra ook nie altyd daarna om laat te wees nie, jy weet? Jy is previously disadvantaged, previously excluded en dit verwys na ’n involuntary ongemak wat veroorsaak dat ons voel asof ons die heeltyd probeer opvang by ons peers in die industry. 

Vir baie laatkommers speel al die uitdagings wat jou journey tot by jou destination affekteer, ook ’n rol. Ek bedoel som’ mense klim in hul voertuie, gaan op hul journey en arrive by hul destination, terwyl ander ’n taxi moet vat, by die stop afklim en die res van die afstand stap. Ek hoop die analogy maak sin. Hierdie uitstalling spreek onbewustelik tot narratives wat dalk nie aan die kunstenaar self behoort nie. Dit is wat dit besonders maak dat die kunswerke jou nie voorskryf nie. Dit vat jou waar jy nodig het om te gaan.

Som’ mense klim in hul voertuie, gaan op hul journey en arrive by hul destination, terwyl ander ’n taxi moet vat, by die stop afklim en die res van die afstand stap.
— Tiffany Saterdaght oor laatkommers

“Ek dink ek wou ’n ruimte skep wat elke persoon op sy/haar eie voorwaardes kon betree. Daar moet aspekte wees wat tot verskillende persoonlikhede spreek. Daar is nie ’n regte of verkeerde manier om dit te ervaar nie,” deel Liza.

Liza se Inkommers, laatkommers en laatlammers-uitstalling is ’n ooparm-tentoonstelling, dit laat almal in. Dit is om hierdie rede dat dit die temas van tyd, ruimte en boundaries op so ’n komplekse manier aanraak. Wie besluit waar die boundaries wat ons binne en buite hou, begin of eindig? Wie appropriate spesifieke ruimtes? Wie bepaal wat hoort en nie hoort nie? Haar werk moedig gesprekvoering aan oor natuurlike, kulturele en sosio-politiese ruimtes en hoe ons elkeen daarmee omgaan en hoe ons nuwe moontlikhede kan bewerkstellig. 


Hierdie storie is moontlik gemaak deur die Art Stories Incubator-program van Breinstorm Brand Architects, in samewerking met Klyntji en die KKNK. Dit is befonds deur ’n PESP-3-toekenning wat ondersteun word deur BASA en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.

Creative Commons Licence
Dié storie is ingevolge ’n Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives-lisensie gepubliseer. Dit mag dus herpubliseer word onder die lisensievoorwaardes, solank ’n skakel na die oorspronklike Klyntji-storie ingesluit is, saam met die erkenning hierbo.
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Liza Grobler droom oor geen grense gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand