Deon Maas deel 5 albums wat jy gemis het

Deon Maas deel 5 albums wat jy gemis het
tumblr_inline_opor9iVAdT1tz8ud8_500.png

Ons het Deon Maas gevra of hy vir ons vyf albums sal stuur wat nie die nodige limelight gekry het nie, of wat ’n revisit werd is. 

Skatte diép in die cultural void in, Africana hoendertande. Lekker explore.

The Vikings Live at the Pepsi Club

Hierdie was die eerste rock album wat ooit in Suid-Afrika opgeneem is. Wat besonders is, is die vermenging van kwela pennywhistle en rock and roll.

Meer info en download link hier.

Die Briels – Die Myner’s Lied

Die sosiale en politieke kommentaar wat Die Briels gelewer het word altyd onderskat. Hierdie album meng hul beste elemente en moet liriekgewys as ’n meesterstuk erken word.

Jy gaan moet sóék vir die musiek, maar kyk solank hier.

Songs of the Cape Malay Choir

’n Versameling van tradisionele Maleise liedjies gesing deur een van my gunsteling kore. Wat dit anders maak as baie soortgelyke albums is dat dit op ’n tradisioneel Moslem etiket uitgereik is.

Luister.

Mr Mac and The Genuines

Kaapse ghoema punk onder leiding van Mac MacKenzie begelei deur die die meester van Kaapse banjo-spelers Mr Mac. Die perfekte mengsel van tradisie en fuck you.

Beskikbaar deur Shifty Records op Bandcamp.

The King’s Messengers Quartet – Soul of Africa

Vokale harmonie is die grootste geskenk wat Suid-Afrikaanse musiek aan die res van die wêreld gegee het. Hierdie half vergete groep is een van die redes.

Jy kan hul musiek stream.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Deon Maas deel 5 albums wat jy gemis het gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand