Schalk Bezuidenhout in Christiaan Olwagen se 'Kanarie'

Schalk Bezuidenhout in Christiaan Olwagen se 'Kanarie'
kanarie schalk bezuidenhout christiaan olwagen.jpg

'n Gay liefdesdrama en musical wat afspeel in die weermag

Nog 'n nuwe film deur die Suid-Afrikaanse regisseur Christiaan Olwagen! Kanarie is 'n coming-of-age musical en liefdesdrama wat in 1985 Suid-Afrika teen 'n agtergrond van apartheid, godsdiens en oorlog afspeel. In die film word die storie van Johan vertel, 'n tiener wat in sy klein dorpie geboelie is vir sy flair en liefde vir Britse popmusiek. Hy word opgeroep vir diensplig, maar in plaas daarvan om 'n soldaat te word, word hy gekeur om in die weermagkoor te sing, beter bekend as die "Kanaries". Die koor is wel nie 'n kaartjie uit die oorlog uit nie en Johan besef dat hy ook 'n aandeel het in die onderdrukking en ongeregtigheid rondom hom. Dan raak hy boonop verlief op 'n mede-Kanarie. 

Die rolprent se première vind op Dinsdag, 29 Mei, aan die INside OUT Toronto LGBT-filmfees plaas. Die Suid-Afrikaase vrystellingsdatum is nog nie bekend nie. Kyk die trailer hieronder.

Sien ook die nuus wat ons gedeel het oor Christiaan Olwagen se ander nuwe film, Die Seemeeu.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Schalk Bezuidenhout in Christiaan Olwagen se 'Kanarie' gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand