Sien 'Die Seemeeu' deur Christiaan Olwagen se trailer

Sien 'Die Seemeeu' deur Christiaan Olwagen se trailer

Die film debuteer heel gepas in Moskou, Rusland

Die Seemeeu deur Christiaan Olwagen sal op die 23ste en 26ste April vir die eerste keer wys by die Moscow International Film Festival. Dit is nog nie bekendgemaak wanneer die film in Suid-Afrika gaan wys nie, maar die lokprent is sopas vrygestel.

Die Seemeeu as dramastuk is van Anton Chekhov se klassieke The Seagull verwerk en vertaal deur Saartjie Botha, en het verskeie pryse weggeraap tydens en ná die produksie se speelvak by Woordfees, Aardklop en die KKNK. Die produksie het ook by die Baxter gewys. Die film speel af in 1990's Suid-Afrika, ongeveer 100 jaar ná dit oorspronklik geskryf was en maak gebruik van dieselfde akteurs as wat dit op die planke vertolk het. Olwagen en Botha het gesamentelik aan die draaiboek gewerk. Die film is vervaardig deur Marche Media.

Die film handel oor romantiese en artistiese konflik tussen die karakters, wat selftwyfel, ydelheid, verganklikheid, verraad, berou en verlange insluit. Dit is in Stanford naby Hermanus verfilm. Olwagen se filmdebuut was in 2013 met die kortfilm Toevlug. Sy eerste vollengte film is die bekroonde Johnny is nie Dood nie wat reeds as 'n landmerk in Suid-Afrikaanse cinema beskou word. Sy derde is Kanarie, 'n opkomende musical, oor oor 'n jong gay nuweling in die weermag wat aansluit by die Suid-Afrikaanse Weermagkoor tydens die hoogte van apartheid.

17.jpg
01.jpg

Sien meer op Die Seemeeu se webwerf.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Sien 'Die Seemeeu' deur Christiaan Olwagen se trailer gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand