Dra die Karoo op jou mou in 'n Daisie Jo

Dra die Karoo op jou mou in 'n Daisie Jo

Klere om aan vas te hou

Daisie Jo — modeontwerper van Richmond in die Noord-Kaap — het onlangs saam met fotograaf Zander Opperman (haar langstaande collaborator) en plaaslike model Lee-Oura Bouwers saamgewerk om van haar nuutste ontwerpe vas te vang. Daisie maak al van kleintyd af klere, geïnspireer deur die borduurwerk en die plantetuin van haar ouma. Sy het grootgeword in Ladybrand, die Vrystaatse dorpie aangrensend aan Lesotho, waar die Basotho- en ander internasionale modes ook ’n indruk op haar gelaat het. Ná ’n periode in die modebedryf by Marianne Fassler in Johannesburg het Daisie koers gekies na Richmond in die Noord-Kaap. Hier is sy werksaam terwyl sy en haar familie Richmond Rooms en die Karoo Padstal bedryf.

Sy beskryf haar werk as “slow fashion that celebrates slow living”. Elke kledingstuk is handgemaak: Sy gebruik natuurlike materiale eerder as sintetiese maaksels en geen stukkie lap gaan vermors nie. Borduur- en kralewerk van ontwerpe gebaseer op platgedrukte blomme en plantpatrone versier haar werk. Elke stuk is uniek en is nader aan kuns as bloot ’n kledingstuk. Daisie wil hê dat haar seisoenlose klere moet hou en gehou word: erfstukke wat oor generasies aangegee kan word as tekens van ’n rustiger bestaan.

Hou ’n tab oop op daisiejo.com.

Daisie Jo

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Dra die Karoo op jou mou in 'n Daisie Jo gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand