'n Oorsig van Rich Mnisi

'n Oorsig van Rich Mnisi
nwa.jpg

Rich Mnisi is 'n Suid-Afrikaanse modehuis - en ontwerper wat hou van vrygewige kledingstukke. Hy noem dat die mense wat sy klere dra almal 'n sekere sin van entoesiasme het vir 'n spandabele aanbieding van hul unieke persoonlikheid. Alhoewel hy vir vroue en mans apart klere maak, kom 'n sterk androgynous-gevoel deur in sy werk. Dit was net 'n paar maande gelede toe hy met i-D in hulle Out Of This World-reeks aangebied deur Mykki Blanco, queer Amerikaanse rapper, saamgewerk het en meer gedeel het oor die nuwe spin wat hy op tradisionele sienings van manlikheid en vroulikheid plaas. Sy werk is geïnspireer deur sy grootwordjare in Soweto en Kemptonpark – dit is juis vir hierdie rede dat sy estetika en veldtogte sterk fokus op die township-kultuur, maar trek ook inspirasie van breër wêreld pop-kultuur uit films, kuns, musiek en dan ook die natuur. Vir die Rich Mnisi-nuweling het ons van ons gunstelingstukke uit sy argief tot op hede gaan haal.

 

NWA-MULAMULA '18

 

XINGELENGELE '17

RICH+MNISI+RICARDO+SIMAL+XINXIN+(03).jpg
 
WOMEN.gif

NECK '16

 
cover.gif

ZULU LOUNGE '16

 
_75A4171+as+Smart+Object-1.jpg

UNTHINKING '15

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van 'n Oorsig van Rich Mnisi gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand