’n Verlede toekoms deur Rikus Ferreira

’n Verlede toekoms deur Rikus Ferreira
7.jpg

Rikus Ferreira is ’n grafiese ontwerper, illustreerder en comic artist in Kaapstad. Sy werk handel oor die absurditeit, blindheid en verganklikheid van die menslike bestaan. Rikus vertel die volgende oor sy werk: “My werk word hoofsaaklik beïnvloed deur die onderbewussyn, ons drome, die effek wat die verlede op ons het en hoe dit ons gedrag bepaal.” Science fiction en omgewingskwessies kom ook ter sprake, waar daar gekyk word na die mens se begeerte om ander planete te verken, terwyl hulle hul eie planeet verwoes. “My werk lewer uiteindelik kommentaar op die verhouding tussen mens en tegnologie – hoe ons dit skep deur ons drome, maar gevolglik daardeur beheer word.

8.jpg

Rikus se werk het al in talle publikasies verskyn, onder meer iJusi, The Type Directors Club en Bitterkomix. Sy onlangse illustrasies vir Taalgenoot lewer kommentaar op Afrikaans en die Afrikaanse kultuur. Hy was al twee keer ’n top 10-finalis van ABSA L'Atelier.

 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van ’n Verlede toekoms deur Rikus Ferreira gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand