Netwerk24 se betaalmuur

Martha die Mediaslet slaap met die Suid-Afrikaanse media. Sy is egter baie omgekrap oor al haar vriende wat so nonchalant vra dat Netwerk24 se beriggewing gecopy en paste moet word. Sy vaar uit hieroor.

maxresdefault.jpg

Raait, so om nuus te vervaardig, is maar ’n fokken duur storie.

So kan ons nou ophou vra hoekom Netwerk24 ’n betaalmuur het?

En nee, ek het nie familie en vriende wat daar werk nie. Hulle irriteer my in sekere gevalle net soos ons ou boere media-instansietjie, Maroela Media.

Maar sonder om te klink soos daai tannies met die pynappelblaarkapsels wat ’n Verimark-stofsuier met ekstra suigkrag probeer afsmous aan die gepeupel wat saans vasgenael voor die TV sit, kry jy waarde vir jou geld as jy ’n intekenaar van Netwerk24 is.

En nee, jy kan nie al die nuus op Netwerk24 op ’n ander plek kry nie. En ja, jy gaan natuurlik ’n brekende nuusstorie wel ook op EWN, News24 of TimesLIVE kry. Dis hoe dit is. As mense R99 per maand betaal, soek hulle die brekende nuus ook op Netwerk24 soos op al die ander sites. Hulle wil ook byvoorbeeld weet wat in die groot hofsake gebeur het wat ook dan nou op al die ander sites sal wees.

Dan is daar die stories wat jy nie op Netwerk24 kry nie. Talle rubriek- en artikelskrywers wat duisende rande betaal word om alles om ons te ontleed en vertolk. Daar is ook unieke nuusstories wat uitgesnuffel word in spesifiek die Afrikaanse geledere, want jirre, laat ’n mens afwyk van die Afrikanerdom dan naai alles mos uit en dis dan net ’n geboikot.

Daar is darem af en toe ook unieke inhoud wat die Afrikaner se eng uitkyk bietjie challenge. Want fok daai bohaai van die Afrikanerego streel en Afrisol (AfriForumSolidariteit) se prostaat wat gemasseer word soos ’n sekere koerantredakteur graag doen.

Hier is die ooglopende uitgawes van ’n nasionale nuuswebtuiste:

  • Sowat amper 100 redaksielede (videograwe, fotograwe, joernaliste, subredigeerders, redakteurs ens.) se salarisse landswyd en dan nog rubriekskrywers;
  • Die aankoop en instandhouding van toerusting soos kameras, videokameras, rekenaars en sagteware;
  • Motors waarmee joernaliste moet ry na stories en gepaardgaande brandstofkoste (Ja, Netwerk24 se joernaliste ry actually na ’n gebeurtenis en skryf nie net uit AfriForum-plaaspatrollie se verklarings nie.)
  • Die verblyf en lewensonkoste van joernaliste wanneer hulle ver moet reis om ’n gebeurtenis by te woon of iets te gaan uitsnuffel.

En dan is daar seker ’n hele paar ander boring finansiële stuff waarvan ek nie eens weet nie. Wat bykomende inkomste betref: Advertensies bring nie naastenby soveel geld in op ’n website as in print nie.

Die punt is: Hulle voer die monopolie in die Afrikaanse media. Daar is nie baie Afrikaanssprekende mense in die land nie en dus het hulle nie ’n moerse homogene Engelse gehoor wat moontlik tot meer advertensie-inkomste kan lei nie.

Hulle is nie Maroela Media met vier joernaliste (of hoe min ook al hulle is) wat almal in Centurion sit en kak aggregate nie. (Ek sien darem Maroela Media doen deesdae bietjie meer moeite met die uitgaan op stories en rondbel, maar kan net doodgewoon nie oral wees soos Netwerk24 met sy nasionale span in al die provinsies nie.)

Maroela Media sal ook geld vra as hulle oral was en unieke nuus verskaf wat meer is as ’n unieke plaasmoord wat hulle eerstehands by hulle Afrisol hoor. (O ja, dankie vir die samevoeging, Max! Afrisol… Dit sê lekker.) Dink net hoe baie geld sou hulle moes vra om personeel aan te stel wat oor die moorde in townships berig doen.

O ja en jy kry ook gratis e-koerante as deel van jou R99 op Netwerk24 en ek hoor iets van tydskrifte wat ook eersdaags beskikbaar sal wees.

So dis R99 vir basies alle Afrikaanse gehalte nuus wat Media24 uitgee.

Netwerk24 kan ook gerus daarna kyk om ’n bietjie afslag aan studente te gee. Hulle is immers die digitale vrate van ons tyd. Begin al belê in die toekoms van Afrikaanse nuus en vergeet van ons ou mense wat mos nie die gevoel van papier kan weerstaan nie. Blah blah blah. Ons is anyway op pad uit.

En by the way, weet ons al wie die redakteur van Maroela Media is? Is dit toe nou iemand waarvan ons al gehoor het?

Ok koebaai! Totdat ek weer bitch en moan oor iets. Daar is maar fokken baie dinge. Iqbal, Andile, GuptaTV…

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Netwerk24 se betaalmuur gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand