Karlien de Villiers se gedaantes
1.jpg

Dit kom dalk speels voor, maar die werk van Karlien de Villiers is gelaai met ’n donker ondertoon van monsteragtigheid (menslikheid?). Karlien beeld ’n melancholiese kyk uit van haarself, verhoudings en die samelewing. Dié grotesk is mooigemaak, opgetof, dra lipstiffie (of ’n snawel) en is ongeskeerd flaccid. Sy kyk na alleenwees in nabye verhoudings, die humor en ironie van ’n voorstedelike bestaan; seks, liefde, haat (een in dieselfde ding, soortvan?).

Haar werk is te sien in verskeie uitgawes van Bitterkomix, sowel as in talle plaaslike en oorsese spasies. Haar bekroonde debuut graphic novel, My mother was a beautiful woman, is in Duits, Frans en Spaans gepubliseer, maar nooit in Afrikaans of Engels nie. Wou sy hê die storielyn oor die dood van haar ma, wat afspeel in Apartheid Suid-Afrika, liefs nie tuis deur familie en vriende gelees moes word nie? Haar tweede graphic novel, Les Femmes Sauvages, word vanjaar gepubliseer. Sy werk met olie op doek, beeldhou, glas en skets.

Haar werk is diep versteurd, maar alle tekens dui daarop dat hierdie bloot ’n spieëlbeeld is. Op malligheid, spyt en verwyt; lieflike onkruid.

10.jpg

 Besonderhede en nog werk beskikbaar op haar webwerf.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Karlien de Villiers se gedaantes gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand