‘I do what the fuck I like’

‘I do what the fuck I like’
1.jpg

Teresa HR Lane maan dat haar werk nie té ernstig opgeneem moet word nie. Sy speel met die titillasie van die liggaam; ’n stoute en nuuskierige spel met beelde en woorde. Sy terg rigiede idees en agendas wat dikwels te ernstig, te letterlik, te aggressief opgeneem word.

Sy herinner ons dat dwaasheid en onheilspellende vreugde ook eksplorasie kan wees. As jy haar collages te ernstig aanskou, kan jy maklik aanstoot neem, iets wat deesdae blyk modieus te wees, om aanstoot te neem, maar absurditeit, wel, nie.

Sy nooi die kyker om deel te neem aan ’n speletjie waar vryheid, kreatiwiteit, spontaneïteit en seks se rigiede-grense ontbloot word as ooreenstemming, vergelding en verveling.

Haar werk herinner aan Wolfgang Tillmans en Teju Cole - wat onderskeidelik uitbeeldings na vore bring van hul posisies as queer wit en swart mans. ’n Sekere fetisj kom deur in Lane, Tillmans en Cole se werk – ’n omgang met die magsisteem, soos ’n flirt van ’n gevange. ’n Landskap is nie meer net ’n landskap nie, maar eerder ’n polities belaaide perspektief en uitbeelding van ’n hoogs persoonlike aard. Nou, met haar werk, is dit nie net meer draadtrek nie, maar vinger ook. 

 

Teresa woon en werk in Nieu-Seeland. Sy is besig met haar MA by Auckland Universiteit se Elam School of Fine Arts. Haar nuutste uitstalling, Gods Becoming Men, wys van 4 Oktober tot 4 November 2017 by Blikfang Art and Antiques, Auckland.

redakteur@klyntji.com