'n Roadtrip ritueel oor die verlies van haar pa

Die fotograaf se manier om met verlange en hartseer om te gaan

5 - Klyntji Selection.jpg

Meghan Daniels het haar pa laas gesien toe sy tien jaar oud was. Sy het hom nooit regtig geken nie. Hy en haar ma het paaie geskei toe sy nog 'n baba was en weens familiepolitiek was hy nie baie in die rondte tydens haar grootwordjare nie. Op 10-jarige ouderdom is sy na De Rust om by hom te gaan kuier, maar het hom nie daarna weer gesien nie. Hy is dood aan kanker.

Nou gaan sy omtrent elke jaar op 'n roadtrip na De Rust en omgewing as 'n manier om die verlies, hartseer en verlange te verwerk. In hierdie filmfoto's, van haar onlangse uittog, sien mens die padlangse refleksie en introspeksie wat agter die kamera plaasvind. Meghan is 'n vryskutfotograaf en illustreerder in Kaapstad en fokus op die temas van gender, seksualiteit, intimiteit en geestesgesondheid. Hierdie is onderwerpe wat sy ken en dus voel sy gemaklik om daaroor te praat – dis nodig vir haarself en vir ons almal.

Sien nog van haar werk op haar webwerf.

9 - Klyntji Selection.jpg
10 - Klyntji Selection.jpg
15 - Klyntji Selection.jpg
2 - Klyntji Selection.jpg

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van 'n Roadtrip ritueel oor die verlies van haar pa gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand