'n Kortfilm oor reënboognasie-idealisme

'n Kortfilm oor reënboognasie-idealisme

Volle film eksklusief op Klyntji

Skewe Reënboog het vir die eerste keer by die 2015 Silwerskermfees gewys en Wim Steytler is hiervoor bekroon as beste regisseur by die filmfees. Die storie speel af in Santarama Miniland – 'n museumpark wat miniatuur weergawes van bekende Suid-Afrikaanse landmerke  ten toon gestel het. Miniland het in die hoogte van apartheid in 1973 oopgemaak, op 'n ashoop wat aan Rand Mines behoort het op die oewer van Wemmerpan in Johannesburg. Die idee is gebaseer op Madurodam in Holland. Min van die park bly vandag nog oor – alhoewel dit nog bestaan het die meeste van die kleiner modelle weggeraak of is na flenters afgebreek. 

Wim Steytler gebruik die park, sowel as ander bekende landmerke in Johannesburg en Pretoria se middestede, as metafoor om Mandela se reënboognasie-idealisme af te speel teenoor ware transformasie en versoening wat daardeur verhoed is. Alhoewel die einde tragies is, vra die film hoe ons vorentoe kan beweeg: idealisme gegrond in realiteit? Die reënboognasie was miskien 'n goeie stepping stone, maar dit is tyd vir 'n nuwe aanslag. 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van 'n Kortfilm oor reënboognasie-idealisme gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand