Om die Visrivier te stap is 'n moet

Om die Visrivier te stap is 'n moet
FISHRIVER_0001.jpg

'n Oorweldigende ervaring van isolasie en skaal

“Die vyf dag staptog deur die Visrivier Canyon kan nie werklik in woorde beskryf word nie,” vertel Jonathan Pinkhard, fotograaf en filmmaker. “Ek kan seker vertel van die oorweldigende stilte en reuse droë canyon mure wat oor miljoene jare deur water en wind gevorm is, of hoe dit voel om onder die sterre op ’n nuwe maan in ’n deelslaapsak met jou beste maat aan die slaap te raak. Ek kan jou belowe jy gaan tien teen een blase versamel en dat die boulder hopping nie na dag twee agter die rug is nie. Jy mag dalk wilde perde sien en iewers in ’n luiperd se spore volg. Die Visrivier is ’n lewenservaring wat beleef moet word. Wees ten minste half fiks, los jou tent by die huis en vat maar ’n knertsie whisky saam. Ek het besluit om nie kameratoerusting saam te vat nie, maar was bly om darem ’n half-gelaaide selfoon byderhand te hê vir getuienis.”

FISHRIVER_0014.jpg
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Om die Visrivier te stap is 'n moet gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand