Ellen Pakkies se treurverhaal nou te sien

Ellen Pakkies se treurverhaal nou te sien

Die film is 'n reality check

Baie is al gedeel oor Ellen – Die Ellen Pakkies Storie, 'n film wat onlangs in fliekteaters begin wys het. Dié film, wat die ware verhaal van Ellen Pakkies vertel, is 'n realiteit vir miljoene Suid-Afrikaners. Dit is nie sensasioneel of uitgesoek nie, maar handel oor vrese en traumas wat alledaags is vir baie mense.

Die film is gebaseer op die berugte storie van die ma wat haar eie kind vermoor het, maar verdiep van die begin af deur om die omstandighede wat aanloop gegee het tot hierdie tragedie te vertel. Dit gaan oor die ongedaan maak van 'n vrou, weens jare se aanslae van mishandeling en teistering, waarteen geen verliging of ingryping gebied word nie. Lyne tussen oortreder en slagoffer vervaag waar almal maar net hul beste doen om te oorleef.

Armoede, dwelms en molestering kom na vore as van die primêre oorsake wat lewens verwoes en families uitmekaar uit skeur. Dit is onthutsend om die dood van 'n gees te aanskou, terwyl die vlees nog geweldadige stuiptrekkings ondergaan. Die letsels op 'n siel is nie sigbaar van buite nie, enkele merke of snytjies is nie aanduidend van wat binne is nie.

Die storie is een van baie meer. Dit moet vertel en gehoor word.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Ellen Pakkies se treurverhaal nou te sien gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand