Hierdie is die vreemdste film wat jy in 'n hele ruk gaan sien
Super weird, C-grade retro-futurism vibes. Dis hoe ons MOMO (the making of the making of), 'n film deur Jaco van der Merwe, kan beskryf. Dit word as 'n Afrikaans-punk-rock-sci-fi-metamovie geklassifiseer. Jaco vertel dat hy vir Brecht, Baudry en Lynch wou shoutouts gee, maar hy vermoed dat hulle hom nie gehoor het nie. Hunter Kennedy het die volgende oor die 39 minute film te sê gehad: "Fokn lekker. Hoogtyd dat hierdie moewie surface. Dit is 'n absolute moet-sien vir enige iemand wat belang stel in egtheid en weerstand-kultuur. Hopelik inspireer dit nog aspirante film-makers om aksie te skree." Die film begin soos iets uit Beavis and Butt-Head gemeng met Dumb and Dumber. Verwag 'n hele paar WTF-oomblikke. Jy't nog nooit vir Bibi Slippers en Pierre van Pletzen só gesien nie.