Gee oor aan die discobal

’n Kortfilm oor twee ooms, ’n radio, ’n rugby game en ’n liedjie. “Weirdste ding wat ek in Afrikaans nog ooit gesien het,” seg Zander op Facebook. Inderdaad, Zander, dit is nogals vreemd, maar ’n beat is ’n beat en dans moet jy dans. Met Richard Van der Westhuizen as Oom Johan en Dirk Vermeulen as Oom Thys. ’n Film deur PJ Kotzé wat vertel oor hoekom hul Ooms gemaak het: “Sommer maar net, want dis lekker om sommer-maar-net-flieks te maak.” Jaco van der Merwe het sy beste sokkiestem uitgehaal vir Radi-Jou, PJ meen dit gaan binnekort RSG se Top 10 haal. Sien nog videos van Bonanza films.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Gee oor aan die discobal gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand