Somerfaan se nuwe musiekvideo deur Octavia Roodt

Somerfaan se nuwe musiekvideo deur Octavia Roodt
Illustrasie deur Octavia Roodt

Illustrasie deur Octavia Roodt

Somerfaan is ’n enigma, ’n subversiewe ikoon. Met ’n geskiedenis wat strek van die ontstaan van Battery9 in 1995, en ’n noue samewerking wat gevolg het met die gewese Huyser Burger wat ’n paar van Somerfaan se album covers ontwerp het, is daar nou ’n nuwe visuele inspuiting gegee. At Nel, die man agter dié obskure figuur, vertel dat die song en video geïnspireer was deur Saint Sebastian en die pyle wat hom deurboor het totdat hy soos ’n seepampoentjie gelyk het. In hierdie geval neem die gewonde egter die vorm van ’n wildehond aan, met Lanimybru as sy spokende gewete wat hom onvergewend agtervolg. “Jy’t self opgefok, jy kan nie nou gaan staan en huil nie, die trop ruik bloed,” vertel Somerfaan by die video se launch in Melville. Hy sê dis ’n confession, iets wat hy met die dood berou. “Jy sien jou poes,” voeg hy by.

Die musiekvideo is deur Octavia Roodt geïllustreer – haar debuut in hierdie genre. Dié meisie hou nes Somerfaan wêrelde in haar opgesluit, wat sy in hierdie collaboration deels ontsluit. Sien ook die vierde Klyntjies met Octavia voor die lens.

 

Die Donker dae prints is te koop by The Moral Kiosk in Melville, of by die kunstenaars self.

Donker dae limited edition prints deur Octavia Roodt is te koop by Somerfaan.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Somerfaan se nuwe musiekvideo deur Octavia Roodt gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand