Sterk werk deur Thandiwe Tshabalala
Thandiwe Tshabalala is ’n vryskut illustreerder van Kaapstad. Sy spreek haarself uit deur kragtige visuele boodskappe, veral rondom ras, geslag, seksualitiet en die ongelykheid wat daarmee gepaard gaan. Sy fokus op beide swaar en ligte onderwerpe ten einde ’n holistiese intersectional identiteit van haarself as swart vrou uit te beeld. Haar blog dien as haar dagboek van gevoelens en gedagtes; hieronder is van die illustrasies wat daarop verskyn.