Lindeka Qampi se ‘Inside My Heart’

Lindeka Qampi se ‘Inside My Heart’
1.jpg

Lindeka Qampi se reeks Inside My Heart handel rondom ’n gedig wat sy vir haar moeder geskryf het, ná die traumatiese ervaring van verkragting. ’n Reeks kunsfoto’s maak deel van die deurlopende projek, baie waarvan gebruik is om elke frase van die gedig te illustreer.

Lindeka is ’n fotograaf van Kaapstad wat bekend is vir haar straatfotografie asook ontwikkelingsprojekte daarvan in Khayelitsha. Sy het as projekfasiliteerder gewerk vir Inkanyiso, ’n aktivis-platform geskep deur Zanele Muholi. 

In 2015 het sy besluit om die lens op haarself sowel as naby familie en vriende te draai. Dit het gevolg gegee tot dié roerende reeks werk, wat uitgebrei is tot objekte, sang en voordrag deur Lindeka self. Sien die video met die gedig, sowel as enkele werke van Inside My Heart hieronder.

Lindeka Qampi word verteenwoordig deur Erdmann Comtemporary.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Lindeka Qampi se ‘Inside My Heart’ gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand