Die kat kom weer
leon-karssen-profile-5.png

Leon Karssen is ons gunsteling troeteldier op die internet, saam met so 100k ander peeps wat die kat se daaglikse manewales volg. Leon is ook ’n 22-jarige homo sapien in sy vrye tyd. As hy nie besig is om te teken of pakkies te pos vir sy fans rondom die wêreld nie, sal jy hom êrens in ’n skate park in Holland kry. Sy grootste liefdes is boude, avos en skate.