'Om die hele dag lank te kan skilder, is die ultimate goal' – Zander Blom
'Moenie probeer om beter as enigiemand anders te wees nie, probeer net beter te wees vandag as wat jy gister was'
Die video, gemaak deur James Yeats Smith vir Pendoring se 2013-campaign, feature Zander Blom wat praat oor 'n soort mantra van sy lewe toe hy nog in Brixton gebly het. "Elke oggend wat ek wakker word besluit ek om kuns te doen," sê die kunstenaar wat homself ook besig hou met musiekmaak en skryf waar hy nou bly in Kaapstad. Zander se werk betrek ikonografie van rockmusiek en sy kinderdae (dink pentagramme en skedels) sowel as invloede van die moderne en abstrakte kunsgeskiedenis waarin hy sy tegniek opstel en afbreek. Die kunstenaar se solouitstallings dien dikwels as aankondigings van waar hy homself en sy werk bevind binne die groter abstrakte ruim van skilder- en tekenkuns.
Sy nuutste liggaam werk beweeg weg van die streng kubisme van Piet Mondrian (waarteen daar eers geveg was in die "prettige" (lewen)styl van Pablo Picasso), waar dit nou fragmente en elemente intrek van 'n wye reeks kunstenaars wat hom op sy ontdekkingstogte vasgenael het, Maggie Laubser en Bettie Cilliers-Barnard inkluis. Netflix binges en online surfing speel ook 'n rol soos hy al vantevore in sy onthullende artist statements gemeld het. Sy kreatiewe proses is een wat in konstante flux is saam met sy leer en afleer van vaardighede en aanslae.
Wat hy doen is sonder twyfel harde werk, maar onkonvensioneel in die lig van gemeenskaplike norme van werk kry, huis kry en so aan. Juis hierin lê sy sukses, met verteenwoordiging deur Stevenson by wie hy tans sy sewende solouitstalling hou. Sy website feature 'n dinosourus op 'n beach ball, kunstenaarsboeke sowel as sy eksperimentele rockmusiek.