Zander Blom en Sean O'Toole se art band

Zander Blom en Sean O'Toole se art band

The Bad Reviews is heeltemal kens

’n Paar jaar ná Avant Car Guard is die debuutalbum Eina! (2018) van The Bad Reviews as ’n limited edition plaat van 300 eksemplare – wat met ’n 16 bladsy boekie en poster gepaard gaan – by Joburg Art Fair vrygestel, uitgegee deur Bad Paper (’n versamelaarsuitgawe van 20 kopieë is ook uitgereik, saam met ander kunsobjekte soos tote bags en oorspronklike sketse). The Bad Reviews is ’n tweestuk art band wat bestaan uit kunstenaar Zander Blom (musiek) sowel as skrywer en kunsresensent Sean O’Toole (lirieke). Blom het vantevore al vyf albums van eksperimentele rock-musiek uitgereik, alhoewel dit sonder lirieke was. Daar is iets pikant aan die gebruik van Afrikaans deur O’Toole. Die album is ’n produk van ’n reeks vryvorm-improvisasies by Blom se studio in Kaapstad van Januarie tot Junie 2018.

Zander Blom

Zander Blom

Daar is 27 tracks op Eina! Hiermee blitsindrukke van elk.

(2) Situation (Askies Wopko) speel nie net met die aard van Wopko Jensma se kuns nie, maar ook met die stories van sy skisofreniese swerwing en verdwyning. (3) Sean O’Toole was nog altyd so bietjie van ’n alien, maar in ‘The Future Is Shit’ is hy ’n regte egte wacko. (4) ‘City Bowl Hipsters’ klink soos ’n bergie wat kots. (5) Was daar ’n daggakoekie betrokke met die maak van ‘Delicious Monster’? (6) ‘Salmaklak (Aankondiging)’ is, naas ‘Eina!’ (1), ’n besondere intreerede vir die album, gebaseer op die Vaaldammonster waarvan ’n kinderboek al gepubliseer is. (7) ‘Kafka on Voortrekker Road’ is bloot deurmekaar met teorie. (8) ‘Chakalaka’ is ’n vertelling van ’n ervaring in Klerksdorp se Shell se badkamer: die uitkak van een kilogram rump, ribbetjies en boerewors deur ’n myner wat dalk of dalk nie ’n Afrikaner is nie. (9) ‘Jared at the Art Shop’ is die soeke na “Robert Ryman white”. (10) ‘Die Dooies’ gaan oor ’n zombie-opstand wat eerder moet lê. (11) ‘The Walls Have Eyes’ is trippy paranoia. (12) ‘Looking and Disliking’ is soos om in ’n pessimis se kop te wees terwyl hy deur Facebook scroll.

Sean O’Toole

Sean O’Toole

(13) ‘Nooit Unto Thee’ is soos die duiwel wat sy beste wense oor jou uitspreek. (14) ‘If Keith Jarrett Came from Pretoria’ is wat as die album se ballade beskryf kan word, met patetiese uiterings van liefde (“o baby, hier kom iets van binne my hart…”) en ’n genadige gebruik van die klawerbord. Vermoedelik met apologie aan Jarrett. (15) ‘Love Sellotaped to a Tree’ wil net weet wat met Fifi of Chuckles die verlore kat gebeur het, met die aanskou van ’n missing cat-plakkaat wat die vraag om verlore liefde na vore bring. (16) ‘Heart Emoji’ – weet nie, ek het hier verlore geraak. (17) Lo and behold! Shrooms, tantriese joga, organiese koffie en left-wing literatuur in ‘Magical Muizenberg’. Alles is lekker hier. (18) ‘Slim Willem’ met sy kortbroek is op soek na hout by die rivier om te kerf, Willem met kennis van die veld, Willem soek woorde soos hout om te kerf, Willem Willem Willem. Waar kry jy daai woorde, Willem? Slim Willem met woorde. Met ’n baard. Met houd. Met ’n kaaskop. Willem! (…) *persoonlike gunsteling (19) ‘The Age Demanded’ gaan oor iemand wat sukkel om te kla. (20) ‘Onredelik’ gaan oor iemand wat nie sukkel om te kla nie. (21) ‘Young Men’: Is dit ’n erotiese verkenning van die gevoel teenoor toksiese manlikheid? (22) ‘Meneer Salmaklak’ – O’Toole se alterego (?) wil graag weer jou aandag kry. Dis dit, net aandag kry. Salmaklak. (23) ’n He-said she-said vertelverhaal in ‘Just Fucking’ speel af in Swakopmund. (24) ‘Scratch’ gaan oor die jeuk op al die klein plekkies van jou lyf. Waar daar ’n jeuk is, is daar ’n krap. (25) ‘Live from Pyongyang’ is eensaamheid met komplekse gedagtes in ’n kernwapen-staat. (26) ‘Ons Huil Oor Jou’ is ’n Calvinistiese reghelping, of iets soortgelyks. (27) ‘Amajita’ wend die album af soos die vergrysing van ’n sigaret.

Nog video’s

Volle album

'n Paar sketse

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Zander Blom en Sean O'Toole se art band gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand