Len-Barry Simons in die kunsfilm Maar Iets Hierna
Menslikheid onder die loep in Jonkershoek
Maar Iets Hierna is deur Liese Kuhn (kamera en redigering), Andrico Goosen (choreografie) en Len-Barry Simons (opvoerkunstenaar) gemaak. Die eksperimentele film het begin as ’n verkenning van die menslike liggaam en, in hierdie geval, die manlike liggaam. Liese noem dat die konsep later verval het tot vrye uitdrukking, losgemaak van die beperkinge van ’n konkrete narratiewe struktuur. Die vorm van die film is beïnvloed deur die verskillende natuurtonele wat in Jonkershoek aangetref is. Die landskap het liggaamlik manifesteer as beweging, waardeur ’n gesprek onstaan het met die berg, wind en onweer, asook die transendentale kragte van die omgewing. Dit word vertel dat die dood die eindbestemming is waarheen die menslike liggaam in onkunde beweeg.