Willem Boshoff se verset deur konkrete poësie
In die jaar 1980 het die kunstenaar Willem Boshoff KYKAFRIKAANS gepubliseer, ’n bundel met konkrete gedigte, waarin die woorde en letters aangevul word deur die beelde wat hy daarmee vorm. Hy gebruik hierdie medium om vrae te vra oor die rol van die kerk, regering asook die apartheidsbeleid en daarmee saam die Afrikanerkultuur, volgens Wikipedia.
Boshoff se modus operandi word goed raakgevat in hierdie opsomming van Sue Williamson op ArtThrob:
Involved in between 25 and 30 projects at any one time - from conceiving new large-scale installations to expanding on old ones; from carving wood to collecting handfuls of sand from "important sites" around the country; from writing poetry to "rescuing" words for one of his dictionaries - Willem Boshoff is an artist in ceaseless intellectual and creative motion. His hunger for obscure pieces of knowledge, for new words in almost forgotten languages, is insatiable. His delight is to work with this information and present it to the world in tangible form, textually or sculpturally, generally embodying a strong moral message. He is the predikant who questions the teachings of the bible, the teacher who desires that his students unravel his puzzles, the umfundisi for whom knowledge is powerful but always elusive.
KYKAFRIKAANS herinner aan sy BANGBOEK, ’n woordspeling op die woord “bangbroek”. Dit het oorsprong gevind in 1973 toe Boshoff, toe 22, opgeskop het met sy kunsstudies uit ’n religieuse pligsgevoel. Terselfdertyd was hy opgeroep vir nasionale diensplig, maar het as conscientious objector dit bekend gemaak dat hy nie met wat die weermag gedoen het saamgestem het nie.
Hy het in 1980 sy kapelaan oorreed om hom toe te laat om nie ’n geweer te dra nie, en was weens sy uitkyke in ’n administratiewe pos gedruk – dit is in hierdie agterkantoor waar hy met die weermag se tikmasjien op amptelike papier al sy besware neergeskryf het – 86-blaaie in totaal. Sy mede-soldate het nie veel omgegee of opgelet nie, hulle was volgens Boshoff te besig om op weeksoggende hulle mannekrag in Soweto aan vrouens, kinders en oumense te paradeer.
Boshoff het lateraan geweier om enige bevele te gehoorsaam óf om ’n uniform te dra. Hy het sy weiring tot diensplig formeel in ’n brief ingedien. Uit die vrees en verwagting van tronkstraf het hy sy notas na kriptiese, gekodeerde taal oorgeskryf en verwerk – wat lateraan BANGBOEK geword het. In plaas van tronkstraf is hy vrygelaat omdat hy een te veel opleidingskamp bygewoon het. Boshoff vertel dat hy in 1994 die boek vrygestel het, sonder enige rede om bang te wees.
Taal en die geskrewe woord is aan die kern van baie van Boshoff se werk, so ook met sy Abamfusa Lawula–The Purple Shall Govern, wat van protesliedere en ander stellings in Afrikatale gebruik maak. Die Engelse vertalings van die skrif wat teen apartheid se muur was, is in ’n klein strook aangebring onder die inheemse teks – dit dwing lesers hiervan tot teenaan die muur. Hiermee plaas Boshoff Suid-Afrikaners wat slegs Engels kan praat onder die vergrootglas. In ’n land van tale gaan die meeste ware dinge by jou verby, sê hy.
Boshoff teken steeds verset aan teen hedendaagse kwessies.
Abamfusa Lawula–The Purple Shall Govern
KYKAFRIKAANS
BANGBOEK
Redakteur van Klyntji, assistent-kurator van die Konstitutionele Hof se kunsversameling en tans besig met 'n LLM in mediareg. Instagram / redakteur@klyntji.com