Marnus Strydom se foto's van drag queen Shenay O'Brien

Marnus Strydom se foto's van drag queen Shenay O'Brien
DSCF7926.jpg

Ontbloot in die reeks 'Dragging The Lake'

Fotograaf Marnus Strydom het die aand toe hy die eerste keer vir Thiart Li ontmoet het hierdie foto’s geneem. Die shoot was onbeplan. Thiart is in Pretoria gebore en woon tans in Johannesburg. Hy is ’n akteur, MC en sanger, tog meestal bekend as Shenay O' Brien, aktrise, MC en sangeres. Shenay was die eerste drag queen wat ’n golden ticket ontvang het in die Suid-Afrikaanse weergawe van Idols. “Thiart en Shenay het baie in gemeen maar tog verskil hulle in karakter. Met Dragging The Lake het ek gaan kyk waar die twee bymekaar kom. Soos die titel voorstel, het ek iets gaan soek op die bodem van die onsigbare.”

Thiart is tans besig om 'n LGBTI+ online talkshow series te verfilm – We’re Queer, My Dear – waar s/hy as deel van ’n paneel van vier mense queer issues takel. Die eerste episode gaan oor geloof, waar daar met ’n dominee gepraat word wat een van die eerste homoseksuele kerke gestig het.

DSCF7919.jpg
DSCF7948.jpg
DSCF7985.jpg
DSCF7989kopie.jpg
DSCF8049.jpg
DSCF8063.jpg
DSCF8085.jpg
DSCF8196.jpg
DSCF8283.jpg
DSCF8321.jpg
DSCF8376.jpg
DSCF8384.jpg
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Marnus Strydom se foto's van drag queen Shenay O'Brien gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand