Performance art in Nieu-Bethesda

Performance art in Nieu-Bethesda
Agave 5.jpeg

Die Karoo-landskap as getuie

“Vir ons was die grootste doel om net op te daag in die ritme en te skep,” vertel Mandri Sutherland, aktrise en live performance artist oorspronklik van Ermelo. Sy en die visuele kunstenaar en fotograaf Jeanne Abrahams, oorspronklik van Pretoria, het op ’n tyd spontaan besluit om die pad te vat na die Karoo. Iets soos uit Priscilla Queen of the Desert.

“Jeanne het my gekontak en gevra of ons kan saamwerk, ons was op dieselde golflengte gewees. Ek was toe al besig met my eie photograpic performances waar ek amalgameer met natuur,” vertel Mandri. “Daar was net een ontmoeting, toe vertrek ons Nieu-Bethesda toe met lappe, gare, skêre, kameras en spinasie.” Sy vertel dat hulle die landskap se asemhaling wou gaan beleef en vasvang. “Tyd spandeer op oppervlaktes – my behoefte was om saam die natuur te vloei,  te kyk, hoe en op watter manier ek kan saamsmelt met die patrone en teksture. Dit was soos om selfportrette in die natuur te gaan soek.”

Jeanne vertel dat sosiale angs haar na die Karoo gedryf het. Om met die onbekende saam te gaan, daaruit te leer en om dit te vertrou was vir haar kern tot die skeppingsproses. Sy voeg by: “Die natuur het soms saamgespeel, maar daar was ook ’n keer dat ’n duiker met ’n besering die pad af gehardloop het, soos ’n toneel uit Black Mirror.” Die foto’s is oor drie dae geneem.

Agave 4.jpeg
Entrapped 1.jpeg
Entrapped 2 .jpeg
Entrapped 3.jpeg
motion 2.jpeg
wille perde.jpeg
Witness 5.jpeg
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Performance art in Nieu-Bethesda gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand