Daniel Rautenbach dryf die spot met Huisgenoot

Daniel Rautenbach dryf die spot met Huisgenoot
Nie ’n Skildery van ’n Wynplaas Nie / Not a Painting of a Wine Farm (2015)

Nie ’n Skildery van ’n Wynplaas Nie / Not a Painting of a Wine Farm (2015)

'Wie se land is dit anyway ha ha'

Die digitale bestaan en propagering van Afrikaner-identiteit en retoriek word deur Daniel Rautenbach ondersoek in sy digitale collagewerk Nie 'n Skildery van 'n Wynplaas Nie. Wat word deur die moderne samelewing van die Afrikaner verwag, in vergelyking met dit wat tradisioneel uitspeel in die kollektiewe Afrikaner-landskap? Dié teenstrydigheid is aan die lig gebring deur inskrywings op die Huisgenoot se Facebook-blad, wat deur die kunstenaar beskryf word as ’n tradisionele familie-georiënteerde ponieblad. “Ek het sarkastiese kommentaar gelewer oor die Afrikaanse kultuur, en het ook op ’n nihilistiese wyse gereageer op die gedwonge positiewe plasings van die tydskrif.”

Nie ’n Skildery van 'n Wynplaas Nie / Not a Painting of a Wine Farm verken die skynbaar verdwynende bestaan van hierdie kollektiewe Afrikaanse identiteit wat op konserwatisme en ’n gebrek aan selfrefleksie gegrond is, deur die idees oor grond, die huishouding, kuns en kultuur in dinamiese aanlynruimtes te bevraagteken,” skryf Daniel.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Daniel Rautenbach dryf die spot met Huisgenoot gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand