’n Veg teen vergeet deur Koleka Putuma
Koleka Putuma se debuutbundel, Collective Amnesia, is ’n onbeskaamde en onapologetiese uitbeelding van swart vrouwees in Suid-Afrika, wat handel oor “blackness, womxnhood, history, justice, visibility, trauma, healing, grief, memory, joy, sex, self-care, love and most of all the fight against amnesia.”
Koleka vaar die kanon binne sonder ’n valhelm, met ’n venynige gaze, as ’n vry vrou op haar eie rots. Sy breek af aan die norme van mag en gesag binne die spasies van akademie, geloof, politiek en verhoudings, en vra deur dit af wat geleer en ontleer moet word.
Koleka is gebore in 1993 en werk tans in Kaapstad se teaterbedryf. Die samestelling en ritme van haar geskrewe werk moet in konteks geplaas word in haar hoedanigheid as slam poet deel van InZync en Word N Sound Live Literature Company.
Die bundel bestaan uit drie afdelings: INHERITED MEMORY, BURIED MEMORY en POSTMEMORY wat die digter deur ’n persoonlike semi-chronologiese, dog vermengde, reistog deur haar lewe volg.
Die bundel fokus op geheue asook die onderdrukking van herinneringe, gebonde aan Suid-Afrika se geskiedenis. Dit is met oorweldigende aanvraag ontvang.
Sy praat oor haar grootwordjare, in kontras met ’n welvarende lewe in wit Noordelike voorstede, waar sy skryf: “We were home and whole.” “But / isn’t it funny? / That when they ask about black childhood, / all they interested in is our pain, / as if the joy-parts were accidental.” “I write love poems too, / but / you only want to see my mouth torn open in protest, / as if my mouth were a wound / with pus and gangrene / for joy.”
Christenskap kom deurlopend as ’n prominente tema van die bundel voor, soos sy dit bevraagteken, maar nie haar verwysingsraamwerk ontken nie. In GROWING UP BLACK AND CHRISTIAN skryf sy: “The gospel / is how whiteness breaks into our homes / and brings us to our knees.”
Ander gedigte, aanduidend van wat die bundel oor spreek, het die titels GROWING UP BLACK & WOMXN en NO EASTER SUNDAY FOR QUEERS. In die laasgenoemde lees ons: “The North says my body belongs in hell. / The South says my body belongs in a dump.” “• Leviticus 18:22: ‘Thou shalt not lie with mankind, as with womankind: it is abomination.’ / • Makes my salvation panic”.
In GRADUATION praat sy oor hoe millennials se verwerking van trauma verskil met hulle ouer familielede se denkwyses oor treur en aangaan. Ook: “You will leave your parents’ nest / Cultivate familiar traditions borrowed from your childhood / You will realise none of it is new or yours / You will work and send money home / You will work and not send money home / Earning money will earn you a seat at the grown-ups’ table / Contributing financially will allow you to open your mouth at the grown-ups’ table”.
’n Hoofmotief vir die bundel is om te praat oor dit wat onderdruk word, om deur die fases van rou te gaan, as familie, ten einde sterker en gebonde daaruit te kom.
COMING HOME is die bundel se erotiese anker; liefde as protes, liefde as oorlewing, liefde as vertroue; verlore liefde. “This one time, / in your office, / spread reckless across your deadlines, / we made love like we were chased by wolves, / like the wolves were on your desk with us, / like the wolves were on our hands, / circling around our clits, and dripping down our legs. / Like the wolves in your mouth, devouring all flesh and bone.”
Sy skryf ook oor hoe ons ons eie ervaringe konstant projekteer op die mense en situasies om ons: “I’d ask, / How was your day? / And you’d hear expectation. / You’d ask, / Did you remember the milk? And I’d hear failure.”
Die bundel se derde deel begin met die kort en kragtige MEMOIRS OF A SLAVE & QUEER PERSON wat reeds die rondte op social media gedoen het: “I don’t want to die with my / hands up / or / legs open.”
Sy spreek haarself sterk uit teen patriargie en seksuele geweld binne swart solidariteit: “• fanon and biko sound like venom in your mouth” “• How come references to your revolution are only limited to biko, fanon and malcolm?” “• Do you read?”
In OH DEAR GOD, PLEASE! NOT ANOTHER RAPE POEM skryf sy oor die verskeie vorme wat die “[uncle]” in die familie aanneem. “• sometimes [hell] is a penis”. Sy vaar berekend uit teen die term rape culture wat dikwels deur die media gebruik word. “many things are cultural. like: / • oppikoppi / • nike / • theatre / • afrikaburn / • church / • crop tops / “sometimes [rape] is placed in the same context as: / • alleged / • consent / • culture”. Hier spréék die digter.
In 2015 is Koleka se gedig WATER gesny van ’n TEDxStellenbosch voordrag wat sy ten tyde van Luister se vrystelling gedoen het. Die digter het die organisasie hewig gekritiseer. Haar digterlike kritiek teenoor wit Suid-Afrikaners is met gemengde gevoelens ontvang, maar swyg swyg sy nie. “I want someone who is going to look at me / and love me / the way that white people look at / and love / Mandela.” “A TRC kind of lover.” Sy skryf verder oor “private property” as ’n onverdraagsame neoliberale mark-fundamentalisme wat swart liggame uitskuif, verwyder en verwens.
Koleka Putuma en haar bundel praat namens miljoene.
- Collective Amnesia (April 2017) word uitgee deur uHlanga teen R120.
- Foto’s deur Andiswa Mkosi.