Johan Stegmann se kuns blaas in sy gesig op

Johan Stegmann se kuns blaas in sy gesig op

Hou Jou Bom, 2020, houtskool en klapper, 30 x 26,5cm (voor ontploffing)

Hou Jou Bom, 2020, houtskool en klapper, 30 x 26,5 (na ontploffing)

Hou Jou Bom, 2020, houtskool en klapper, 30 x 26,5 (na ontploffing)

Kompleet met 'n Afrikaanse cover van Old Town Road en dies meer

Op ’n dag in die boomryke voorstad van Fairland, Johannesburg, in die wit gegewelde praghuisgalery van Lizamore and Associates, ontplof daar ’n bom. ’n Gedetailleerde houtskool selfportret van Johan Louw Stegmann word deur homself opgeblaas. Hy is geklee in khakidrag, reg vir die “kak om te spat”. Ten spyte van Stegmann se drie-maande-lange obsessiewe geswietery om die Hou Jou Bom-selfportret te teken, was hy opgelewe deur die verwoesting: “Hierdie tekening was verskriklik mooi, maar vrot van trots.”

Die nou-vernielde werk is deel van sy solo-uitstalling Now There Are Horses (Apokalips Toere vir Boere), wat Stegmann met betrekking tot sy gunsteling inspirasie, die middestad van Johannesburg, beskryf as ’n “bewilderende, besienswaardigheid-uitstappie deur die apokalips – op perde”. “In ’n tyd waar dit soms lyk asof almal hulle koppe verloor, het ek in lyn met die tydsgees my kop sommer opgeblaas.” Dit is tog ’n berekende benadering om intellektuele en sosio-politiese landmyne te ontketen. Die ironie word nie begaan nie.

In ’n tyd waar dit soms lyk asof almal hulle koppe verloor, het ek in lyn met die tydsgees my kop sommer opgeblaas.
— Johan Stegmann

Stegmann bemoei hom die afgelope ses jaar reeds met ras, kultuur, geskiedenis, kuns en dié se wêreld, dualisme en dit wat buite die modern-aanvaarbare denkwêreld lê. Daar is as voorbeeld ’n weiering om die “boer” as ’n blote karikatuur onder die liberale bus te gooi, aldus die kunstenaar. Dié “rather overtly white Afrikaans male artist” skroom egter nie om sy subjektiwiteit en identiteit van nader te verken nie – as deel van sy uitstalling is daar vergrootglase beskikbaar om die miniatuur-etse van nader te bekyk, sowel as ’n mikroskoop om ’n boer met die naam Laer-se-rus te help soek na die “ware betekenis van Black Lives Matter”. Volgens Stegmann is hy vasberade om die “wit kapsule-wêreld waarvan ek heet onderstebo te dompel”.

Die IRL-uitstalling het reeds plaasgevind, maar die URL-een is nog te siene. Die aanlyn weergawe staan immers op sy eie; dis meer as net ’n 3D-verteenwoordiging van die fisiese uitstalling, die kyker word kort voor lank ingetrek met ’n audio-visuele glitch-storm van Jozi se wrywende beelde en klanke. Die filmmaker Adam Heyns was hierby betrokke. Verken die 3D-ervaring hier, en kry die PDF-katalogus hier. Luister hieronder na die liedjie wat die musikant Fritz Gun gemaak het om die uitstalling te vergesel: ’n prettige Afrikaanse weergawe van Lil Nas X se ‘Old Town Road’. Dit hoort soos ’n veldbrand op WhatsApp te versprei.

Aapjas, 2020, houtskool, 5 x 5cm

Finding BLM (Laer se rus), 2020, koperplaat etswerk, 5 x 5cm, uitgawe van 10

Dapper Dewald Dyason, 2020, houtskool, 5 x 5cm

Feminist in Modernist Post, 2020, koperplaat etswerk, 20 x 30cm, uitgawe van 10

Feminist in Modernist Post, 2020, koperplaat etswerk, 20 x 30cm, uitgawe van 10

Gurl, You Have Like No Idea (siek), 2020, koperplaat etswerk, 20 x 15cm, uitgawe van 10

Gurl, You Have Like No Idea (siek), 2020, koperplaat etswerk, 20 x 15cm, uitgawe van 10

Game of Vrouens, 2020, koperplaat etswerk, 20 x 30cm, uitgawe van 10

Game of Vrouens, 2020, koperplaat etswerk, 20 x 30cm, uitgawe van 10

Little Boy or Fat Man?, 2020, houtskool,  20 x 30cm

Little Boy or Fat Man?, 2020, houtskool, 20 x 30cm

Johan Stegmann en Nkehnsani Rhilampfu  Title Retracted, 2017, houtskool en gemengde media, 5 x 5cm

Johan Stegmann en Nkehnsani Rhilampfu
Title Retracted, 2017, houtskool en gemengde media, 5 x 5cm

The Apocalypse by Horseback (Niemand kan my niks vertel nie), 2020, koperplaat etswerk, 35 x 38cm, uitgawe van 10

The Apocalypse by Horseback (Niemand kan my niks vertel nie), 2020, koperplaat etswerk, 35 x 38cm, uitgawe van 10

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Johan Stegmann se kuns blaas in sy gesig op gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand