Stuur 'n love letter vi die District Six museum

Stuur 'n love letter vi die District Six museum
Foto: Lonely Planet

Foto: Lonely Planet

'Die museum issie net 'n plek van trauma nie ma oek van blydskap'

Die District Six museum is aan die rand daarvan om ná 25 jaar se bestaan, hulle deure te moet toemaak. Dit issie skokkende nuus wattie museum via ’n e-pos mettie publiek gedeel’et. Dié nuus het baie van ôs skerms dee social media reposts bereik. Innie e-pos het die museum ’n vesoek gedoen oppie publiek om donasies te maak en ommie storie van hulle nood oor te dra.

Die museum huisves die kleurvolle geskiedenis van die Bruin bevolking wat innie District Six area in Kaapstad gewoon’et. In 1966 het die apartheidregering hierdie area as Wit verklaar ennie mense is geforce om te trek na die Kaapse vlaktes. Mee as 60 000 mense se liewens en gemeenskapsbande is onnebreek.  Die museum is ’n onafhanklike instansie wat baie van hulle befondsing gekry het dee die funksies wat hulle gehou’et of die inlopers wat gekom het vi ’n toer.

Weens die onvoosiene Covid-19 related inpêking in Maart het die museum ’n groot finansiële verlies gelei, net soos baie ander besighede in die kultuur en toerisme-industrie. Met Level 2 van die inpêking hoop hulle om wee mense te onvang, maar hulle is steeds bekommerd oor die veiligheid van hulle werkers en die publiek.

Ironies genoeg issie kortfilm, The Address Unknown, oor die gedwange verwydering vannie inwoners van District Six innie inperkingstydperk bekend gemaak. Die film is in Augustus 2020 vi die eerte kee by die Black Star Film Festival gespeel. Die direkteur vannie film Nadine Angel Cloete sê: “Die museum is belangrik want dit maak daai statement van ons is hier, erken ons, sien ons.” Cloete noem vêder dat “die museum issie net ’n plek van trauma nie ma oek van blydskap” – dit wys dat “black joy” werklik revolutionary kan wees.

Die eviction notices wattie apartheidregering uitgegee het in 1966 is sinies “Love Letters” genoem en in egte District Six museum-gees, ommie narratief te veranner, is hulle e-pos getitel: “SEND A LOVE LETTER TO THE DISTRICT SIX MUSEUM TODAY!”. Die publiek het deliver met talle donasies ennie media is bewus gemaak vannie museum se nood. Die museum is noggie uit die woelwaters uitie en bemoedig nog donasies (of aankope by hulle aanlyn winkel) sowel as reposts an.

Vandag issie museum steeds ’n safe space vi baie gemarginaliseerde stemme en stories. Net soos hulle op die museum se Facebook-blad sê, is hulle “a vehicle for advocating social justice, as a space for reflection and contemplation.” Hierdie vehicle nodig ’n tune-up en dis wa die publiek inkô.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Stuur 'n love letter vi die District Six museum gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand