Die land ennie liggaam: in gesprek met Rehane Abrahams

Die land ennie liggaam: in gesprek met Rehane Abrahams

Foto’s: Jansen van Staden
Sien ook die storie oor Jansen se werk

Embodied decolonisation deur BDSM, kink en Shibari

Die vetoning van Intimate Reparations, die brainchild van Rehane Abrahams en Wynand Herholdt, bewys sigself assie David-ster van Spier se Constellations 2021, gehou einde November. Constellations is ’n jaarlikse event waartydens ’n reeks kunstige vetonings dee trailblazers innie local kreatiewe sfeer aangebied word op die Spier-wynplaas. Daar was 27 kunstenaars, of “Fire Guardians” soes hulle genoem wôt, van musikante en traditional healers tot theatre makers en digters wat hulle wêk vetoon het an ’n klein gehoor langs ’n warme vuurtjie. Klink ideal nuh… Teater onne die sterre op ’n wynplaas. Intimate Reparations, een van vanjaar se vetonings, was als behalwe die soet-sappage performance wat soe ’n romantiese setting jou an lat dink. Rehane beskryf Intimate Reparations as ’n “embodied decolonisation using the bodies of two performers to examine the intimate entanglement of race, power, colonial violence and sex through ritualised bondage and domination on and with the racialised body”.

Behalwe vi die main event issie aanloop tot Intimate Reparations ontwerp ommie maksimum reaksie uit te lok dee die gehoor by die show te betrek. Voor djy die vetonings gan kyk, wôttie gehoor verdeel in groepe, randomly selected dee die facilitators. Djy beweeg saam mettie groep wat dieselfde kleur lint het an hulle kussings (wat vi jou mettie inkom gegie is) as jy. Elke kleur het ’n eksentriese toergids wat jou uitnooi om jou phone af te sit en jou ’n inspirerende woord gie oo’ vebeelding, solitude en soe. Dan beweeg djy na een van jou groep se drie vetonings toe viddie aand. Djy en jou groep stap ewe still, net hie en da ’n fluister ’n paar vrinne wattie dee die gekleurde kussings geskei issie. Dan stop julle erens by ’n boem en doen ’n bietjie meditation ommie minds te kalmeer. Laastens gan sit djy en jou groep by ’n kampvuur. By dié tyd is dit al donker, al wat djy kan sien is wattie lig vannie kampvuur en ’n paar lanterns aanraak.

Soe kalm. Soe rustag. Dan hoor djy die spoekagtige lag van ’n figuur wat agter jou innie bossie lê.
— Chrystal Williams

Soe kalm. Soe rustag. Dan hoor djy die spoekagtige lag van ’n figuur wat agter jou innie bossie lê. Soes die kampvuur stadig die figuur nader trek lattie gehoor kan sien. Nie ees die bekende gesig van Rehane Abrahams, bekroonde aktrise en teaterboffen, bring verligting vannie skok vannie skreeuende lag nie. Dis op dié oomblik dat jy besef jy is alleen innie bos innie nag, weg van almal en alles.

Skielik hou die lag op omdat ’n audience member ’n stuk hout oppie vuur gooi. Wat maak os skreeuende karakter, vra djy? Sy duik die arme audience member om en stoei met hom langs die vuur by die gehoor se voete. Dis tóé dat ons besef die ongelukkige audience member is oek deel van die vetoning. Dankie vader! Ampe was djy next. Dis waar djy Wynand Herholdt, die skilled kinematograaf en skateboarder, ontmoet. Hierdie einste vetoning van Intimate Reparations was sy eeste live performance.

Nadat ek descend het vannie Constellations het ek met Rehane Abrahams gesels om mee agtegrond te kry oor hoe sy ha karakter in volle spektrum gebruik’et om te genees.

 

CHRYSTAL: Wie was amal betrokke by die conception van Intimate Reparations en issie produksie deel van jou PhD-exploration oor decolonialism en rituele van genesing virrie liggaam ennie land?

REHANE: Ek en Wynand het dit conceive. Maar daar was ander ook wat deel was van die proses. Voor ons begin werk het, het ons gegaan na ’n sangoma vi ’n consultation en die key van die reading was ’n confrontation met Lumwe en die krokodil.  

Lumwe is die blou waterlelie vannie vleie, die Kaaimanblom, Nymphaea Capensis. Sy’s ’n baie belangrike plant en gees van onse indigenous practices. Sy’s die blom vannie Watermeid in ’n way. Sy is ’n guardian van female sexuality soos dit sit in en met die land – van menstruation regdeur tot die wisdom-jare. Sy’s ook ’n fighter against sexual violence en wounding. Die concept is dat die wonde van die land en die indigenous mense van die land dieselfde wonde is, so sy is perfect. So, okay, om terug te kom na die conflict – dit was like Lumwe, met haar innocent, free erotic life force, wat die krokodil van kolonialisme en violent kapitalisme confront. En dit is nogals ’n gevaalike fight, so ons het allies ingeroep vi support in die web.

Siphumeze Kundayi het space ge-hold vi ons. Haar werk het te doen met erotic liberation vi queer Black vrouens, sy en haar partner doen amazing werk wat gesien kan word op HOLAA (Hub Of Loving Action in Africa). So sy het die proses ge-hold in spiritual terms vi die werk. Sy was ’n anker vi ons gewees.

Die tekening oppie grond was ’n glyph vi die goddess Erzulie – ’n goddess van die waters, van vroulike sexuality. Daai goddess is baie na aan Siphu en sy is ge-worship innie lande van die African diaspora, so om vi haar te teken oppie grond hie’ was soos ’n return na African soil, en ’n acknowledgement vannie wonde van slawery, maar ook die spiritual resilience en die feit dat Spirit en ancestors jou back het in ’n way. Hulle ko deur vi jou despite erasure van culture en so aan. Ons het ook uitgereach na die Shibari – ’n rope bondage community – spesifiek embodiment_ct. Astrid wat die studio het, is diep into die embodied freedom en release wat jy kan experience deur Shibari. Hulle het ons bygestaan met die touwerk, want dit kan dangerous wees vi die nerves en so aan om die gewrigte vas te maak. Brett Bailey het ons ge-push om die bakleiery in die stuk verder te vat. Ons hettie gewiet hoe die power sou shift in die stuk nie en hy’t ons laat fight vi dit, soos in rol oppie grond. In terme van PhD-navorsing – nie direk nie, maar hulle inform mekaar.

CHRYSTAL: Jou performance wassie mees dramatiese en thought-provoking uittie drie shows wat ek daai aand gesien’et. Daar het selfs ’n toeskouer opgestaan en weggeloop annie begin. Jy’t voorheen al genoem dattie oorspronklike begin van Intimate Reparations herskryf moes wôt, ommat dit soe triggering was vi siekere toeskouers. Kan djy ’n bietjie insig gie oorie oorspronklike begin en hoe voel dit om ’n idee van jou te sensor om dit meer digestible te maak virrie gehoor?

REHANE: Kyk’ie ons willie mense seermaak met die werk’ie. So as it te veel was vi iemand oor hulle se trauma of so, dan issitie ’n problem om’it te laat gaan nie. Issie my besigheid om vi iemand voor te sê hoe hulle moet wees oor hulle trauma nie. Ek kan maar praat van “ja, jou triggers is ’n opportunity vi healing en just sit with it” en so antes, maar daai issie my plek’ie. So…

Ook my karakter was oorspronklik ge-collar en ge-leash deur Wynand se karakter en getrek oppie grond. En ek is die ouderdom van ’n ma, so maybe wil mense nie in hulle ma’s se humiliation deur ’n Wit man mee vaskyk’ie. Jy weet mos daai vrou is deur baie, sy dra it mos in haar body, so maybe hoef ons it’ie uit te beeld’ie, is implicit. So daai was my feelings oor daai, toe sny ons’it uit – maa mense was nog altyd ge-trigger. Maybe het hulle Xmas-liedjies ommie vuur verwag, ek wietie.

Djy sou nooit kon sê daai was Wynand se debuut as aktee in ’n live performance nie. Hy wassie essence van submission in kontras met sy “unieke” pedigree van Wit, manlik en Afrikaans. Om sy spesifieke interseksionaliteit onnedanag te sien hettie ongelykheid innie samelewing ge-highlight, maa oek die beauty en mag innie onnedanage posisie tydens seksuele interaksies. Sy ervaring as recovering addict bring ’n eerlikheid soesie dopstelsel uitgebeeld wôt innie vetoning.

CHRYSTAL: Hoe kies jy jou mede-akteurs? Hoe het die collaboration tussen jou en Wynand Herholdt gebee?

REHANE: Ek wou eintilk alleen ge-perform het en net my usual kassaram gedoen’et, maar toe sê Wynand “try iets different”. Ek is ook inspired deur Mistress Velvet. Sy’s ’n paar jaar terug oorlede. Sy was ’n African American academic en BDSM practitioner, wat net Wit cishet manne dom (vi geld of course) en deel van die scene is om die mans Black feminist theory and decolonial theory te laat lees. Om hulle whiteness te vestaan in die konteks en dynamic van ’n intimate encounter. Ek en Wynand is lovers en ons speel met ideas en practices van erotic liberation in ’n sacred konteks. Is ’n Audre Lorde – Uses of the Erotic – queer, feminist move, wat die erotic acknowledge as the ground of being. So osse eie sex positive-geide en die liberation wat os self process intimately tussen mekaa, was die bron vannie stuk se waters in ’n way. Die proses was beulah vi ons maar ook tough, want Wynand issie ’n performer nie, en ook die conflict dynamic van die stuk het uitgespeel in onse proses van maak. So it was ’n different tipe poppehuisie – baie real en oor race en Bruin-wees en boer-wees en die history van daai. Ek’t vi hom tasks gegee om sy ancestry te vestaan, om White supremacy te vestaan en so. Ons het saam gespeel met wat dit beteken om die body terug te gee aan die land – om die land terug te gee aan die body. En ook met die Shibari as ’n catalyst vi images oproep uit die body en collective memory. Wynand het diep gevoel wat slaverny actually beteken vi ’n lyf, vi ’n conscious embodied being, die pyn van daai op ’n embodied level. 

So it was ’n different tipe poppehuisie – baie real en oor race en Bruin-wees en boer-wees en die history van daai. Ek’t vi hom tasks gegee om sy ancestry te vestaan, om White supremacy te vestaan en so. Ons het saam gespeel met wat dit beteken om die body terug te gee aan die land – om die land terug te gee aan die body.
— Rehane Abrahams

CHRYSTAL: Intimate Reparations het an baie temas geraak, insluitend die dopstelsel (my fav), patriargie, feminisme en soe ante. Wat issie hooftema wat djy wou uitbeeld?

REHANE: It was ’n constellation van temas wat ek klaar ’n bietjie opgetouch het. Dit was ’n exploration. Die werk self het uitgedraai om baie oor wyn te wees – van daai issie storie van die land wat deurgekom het. Daai was wat die land wou sê. Ons het maa net gevra dat die land deur ons praat en so… Indigenous DNA het mossie weerstand teen alcohol nie, nerens innie wêreld’ie – Native Americans, Aboriginals, Khoi en San – onse hettie die genes wat ons alcohol laat handle’ie. Dit decimate onse spirits. So os het gewerk met die verslawing en oneiening vannie land en die land se mense van dis dieselfde ding. Jy sit die wilde kruiebos-lande onder wingerde vi jou boojie Eurotrash-geide en jy verslaaf die mense vannie land onner dieselfde stelsel en niemand sê tot nou toe niks daaroor nie. Niemand vra hoeko is it orraait dat al hierdie plase almal colonial name het nie, asof hulle trots is op die history van slaverny en colonial violence. Die continuation van die goed is mos spoeg in onse gesigte, maar ons Patsy (Gayle vi “party”) almal heel Nora (Gayle vi “ignorant”) aan soos os op ’n date-rape drug is by 1652 se wynland. Want co-option is die only option. En die methods van colonialist-capitalism raak al hoe meer sophisticated. Hulle voodoo is sterk. So ons wil in daai gevoel en die wortels daarvan gaan krap het en die vuilis uitgehaal het en die wond gewas het en ons wil gevra het, hoe nou? Hoe droom ons onse way uit die storie uit? Hoe roep ons ’n future op wat kan werk vi kruiebossies en diere en mense en spirits vannie land? Want os het ook voodoo – ons het ook ’n doekoem…

Die continuation van die goed is mos spoeg in onse gesigte, maar ons Patsy (Gayle vi ‘party’) almal heel Nora (Gayle vi ‘ignorant’) aan soos os op ’n date-rape drug is by 1652 se wynland.

Hoe roep ons ’n future op wat kan werk vi kruiebossies en diere en mense en spirits vannie land? Want os het ook voodoo – ons het ook ’n doekoem…
— Rehane Abrahams

CHRYSTAL: Djy was covered in die elements in Intimate Reparations, van water na “bloed” na wyn, en sand, innie koue Spier-bos langs ’n vuurtjie. Hoe issie besluit gebore om jou voluit te submerge in die elements? Sou djy dieselfde effek kon regkry op die verhoog of in ’n teater?

REHANE: Die “bloed” was eintlik ochre. Ochre is mos die oudste make-up innie wêreld – os grawe dit al vi millennia uit die grond om osse lywe uit te smeer. Dit anker os innie grond, innie gees vannie grond, dis ’n hoë medisyne. Die hele ding was ’n uitsmeer innie goeters in. Os wil gehad’et jy moet die wyn kan ruik, os wil gehad’et die bush spirit moet die wyn ruik sodat die storie kan deurkom. Os het uitgesmeer met die sand, met die ochre. Daai rivierwater is gekook in my ma se kifayat-pot op die driepoot wat Wynand se pa gesweis het vi die doel. Os het gebad in daai water innie waskom. Os speel’ie met goeters’ie. Os werk die goeters! En nee, ’n teater sou ’n anner storie gewees’et. Ook, ek werk al vi jare met die elemente. Ek maak gewoonlik ’n medicine wheel vannie elemente oppie plek waar ek gaan perform. Ek roep die elemente in, brand kruie, omsingel die ruimte in spesiale kruiewater, en so aan. Dit was ’n ritual performance after all, julle is ge-warn innie bio. 

CHRYSTAL: Die exploration van die gender-spektrum wat djy uitgebeeld het mettie verandering van klere was powerful (van ’n nek-tot-tone-toe-werkerspak na Savage-Fenty-looking lingerie). Hoe berei jy voor vi die emotional labour van fisiese ontbloting voorrie gehoor?

REHANE: Ek moet maa net my staan gestaan het. Ook dit was eintlik healing vi my eie body shame – mense het mos daai. Ek kon my shame offer vi die stuk en die healing van daai shame offer virrie toeskouers. Maybe kon hulle deel in daai liberation. Ook as ek perform is alles wat ek voel deel van die performance, so die ontbloting was deel daarvan, die feelings oor my eie imperfect, flawed, menslike liggaam was deel van daai. Ek kon nie skielik nou body issues-drama wil maak oor ’n magie of so as ek moet staan vi full bodily reclamation voorrie mense nie. Daar was ’n girl wat shocked gelyk het oor my body. Sy’t eintik ’n shocked gesig gemaak, soos ’n emoji. Maa is daai even real wat sy gedoen’et of issit ’n social media-negotiated response? Is interessant. Een van my dans-teachers, Min Tanaka — hy’s ’n butoh-danser van Japan so sy Engels is maar iconic — het gesê: “Don’t shame your body. Your body has no shame, don’t shame it with your mind.” 

CHRYSTAL: Wat issie droom vi Intimate Reparations (waar kan mense vi jou in aksie gan sien) en wat is volgende innie pyplyn vi Rehane?     

REHANE: Intimate Reparations perform by embodiment_cpt se Kinky Valentine event op 12 February. Dis deel van ’n sex positive event met speelgoed vi grootmense, stalletjies en ander performances, ens. Die venue is naby die Soutrivier. Daar is baie sex workers en containers daar rond, so ons gaan werk met daai stories. Die Soutrivier, die land wat see en vlei was, die sex workers en die violence teen sex workers – Lumwe en die Krokodil / die Watermeid vs. die Laws. Die stuk is in development. Hopelik gat mense nie weer heel ge-trigger voellie – hie soek hulle hallmark romance en os ko deur…

Ook innie pyplyn vi Intimate Reparations is ICA Live Art Festival op 26 March 2022, 17:00 – voorrie Slave Lodge, daar by Jan Smuts se standbeeld. 

CHRYSTAL: (Verder skryf Rehane haar PhD – dis ’n besigheid.)

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Die land ennie liggaam: in gesprek met Rehane Abrahams gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand